<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Maar dit het die arme muil duur te staan gekom. Net voor dit tyd was vir die wyn, het Tistet se koorvriende ook hul opwagting gemaak. Met hul koorhemde en mantels het hulle in die hooi kom baljaar. Dan, as Tistet opdaag met die wyn, het die marteling van die arme dier eers begin.
Die gegeurde wyn waarvoor die muil so lief was, het die nare Tistet tot by haar neus gebring om te ruik. Maar oomblikke later het die koorknape dit opgedrink. Dan het hulle soos duiweltjies geword. Die een het haar ore getrek en ‘n ander een het haar stert getrek. Hulle het wydsbeen op haar rug gespring, en hul pette oor haar oë getrek.
Maar sy was nie verniet die pous se muil nie. Sy het kalm gebly al wou sy so graag een van hulle ‘n skop gee. Elke keer as Tistet agter haar staan, kon sy voel hoe haar hoewe begin jeuk. Sy wou veral vir hom een harde skop gee omdat hy sulke nare poetse op haar gebak het.
Eendag het hy haar in die kloktoring van die paleis opgeneem tot heel bo. Die arme muil het byna gesterf van vrees. Sy moes ‘n uur lank om en om die trappe klim. Toe sy eindelik bo kom, het Avignon ver, ver onder haar gelê. Die mense was so groot soos miere. Die arme muil het so hard begin balk dat elke ruit van die paleis begin bewe het.
Die pous het na buite gehardloop: “Wat makeer? Wat doen hulle aan my arme muil?
Tistet was in die binnehof. Hy het gemaak asof hy huil.
“Vader, dit is vreeslik! Dis is u muil wat in die kloktoring opgeklim het!”
“Wat! Op haar eie?” het die pous verskrik gevra.
“Ja, Vader,” antwoord Tistet. “Op haar eie!”
“Grote genade!” roep die pous. “Het sy dan mal geword? Kom dadelik af, jou lawwe dier!”
Maar die vraag was “Hoe?”. Trappe op was maklik, maar trappe af sou sy net haar bene breek. Terwyl sy verskrik in die toring gewag het, het sy gedink: “Wag maar, Tistet. As ek hier afkom, gaan jy die skop van jou lewe kry.”
Met ‘n katrol, toue en ‘n draagbaar het hulle die muil laat afsak grond toe. Dit was nie vir haar lekker om in die lug rond te swaai voor al die mense nie. Almal het vir haar gelag.
Daardie nag het sy nie ‘n oog toegemaak nie. Sy het net gedink aan Tistet Vedene en die skop wat sy vir hom die volgende dag sou gee.
Dit sou ‘n magtige skop wees.
(word vervolg)
Dwarsdeur die verhaal was daar altyd jolyt, pret en plesierigheid. Maar daar het ‘n wending ingetree. Iets treurigs het gebeur. Wat was dit
In hierdie aflewering bereik die verhaal sy hoogtepunt of klimaks .
Wat is die hoogtepunt van die verhaal?
Vorm groepe. Lees die hoofstuk baie noukeurig. Elkeen in die groep kry ‘n beurt om ‘n paragraaf hardop voor te lees.
Bespreek nou die volgende vrae:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?