Om energiebronne en verskillende vorms van energie te kan opnoem, bespreek en identifiseer
[lu 2.2; lu 2.3; lu 2.4]
Wat is energie?
Energie is die vermoë om werk te verrig: om dinge te laat gebeur en om verandering te maak.
Vorms van energie:
Energie kom in verskeie vorme voor, soos klank, warmte, lig, chemiese verbindings en elektrisiteit.
Sommige voorwerpe beskik oor energie omdat hulle beweeg, of bloot as gevolg van hulle posisie. So het voorwerpe
kinetiese energie
(beweging) of
potensiëleenergie (posisie).
Energie kan nie gesien of aangeraak word nie, maar dit is oral teenwoordig: in die lug om ons, in elke stuk materie en in elkeen van ons liggaamselle. Voor die groot knal wat tot die ontstaan van die heelal gelei het, was daar slegs energie!
Bronne van energie
Energie in
ELEKTROMAGNETIESE vorm speel ’n groot rol in tegnologiese uitvindsels soos radio’s, uitsaaitorings, mikrogolfoonde en X-straalmasjiene.
Skandeerders (“scanners”) is masjiene wat beelde toon van iets wat andersins onsigbaar is, toon, byvoorbeeld inwendige dele van die liggaam. Dit stuur klankgolwe in die liggaam in en wanneer hierdie golwe ’n bepaalde verandering ondergaan, toon dit ’n beeld. Hierdie beelde stel medici in staat om diagnoses te maak. Die MRI, ook bekend as die “Magnetic Resonance Image”, is van onskatbare waarde op hierdie gebied.
Ons kan tussen drie belangrike bronne van energie onderskei, naamlik:
die son
atoomkerne
die aarde se beweging en sy swaartekrag, asook die invloed van ander planete op die aarde
Sonligenergie onstaan deurdat atome bots en saamsmelt (kernfusie). Die energie bereik ons in die vorm van lig en warmte. Die warmte-energie laat byvoorbeeld lugstrome ontstaan wat wind meebring wat ’n belangrike bron van energie kan wees. Die warmte-energie laat ook water verdamp, wat wolkvorming en reën meebring. Reën val in hoërliggende dele en riviere ontstaan: nog ‘n belangrike bron van energie.Sonligenergie word ook in voedsel vasgelê deurdat plante fotosintetiseer. Ons kos en brandstowwe (bv. petrol) kom hiervandaan.
Atoomkernenergie word deur die mens ontsluit met behulp van gevorderde tegnologie deurdat atome gesplit word. Groot aanlegte, genaamd kernkragsentrales, word vir dié doel opgerig.
Die
aarde se beweging, sy swaartekrag en die invloed van ander planete bring byvoorbeeld mee dat seestrome ontstaan en dat riviere na laerliggende dele vloei. Hierdie energie kan op verskeie maniere benut word, byvoorbeeld vir vervoer en die aandryf van masjiene soos turbines.
Probeer om die vorm van energie in elk van die volgende voorbeelde te identifiseer en verklaar telkens waar dit vandaan kom.
Voorbeeld van energie
Vorm van energie
Bron
’n Boek lê op die punt van die tafel
’n Selfoonnetwerk stuur golwe uit na jou selfoon
’n Ski-springer spring van ’n sneeuhang af
’n Sneltrein spoed oor die vlaktes
Jy verhit jou middagete in die mikrogolfoond
Die dokter neem x-straalplate van jou gebreekte hand
’n Robot funksioneer in ’n motorvervaardigingsfabriek
’n Weerligstraal en donderslag
Die energie in jou middagete
Klank wat jou oortrom laat vibreer
Elektriese energie by Koeberg
Lig van ‘n flitslig
[LU 2.2; LU 2.3; LU 2.4]
Aktiwiteit 2:
Om die wet van die behoud van energie aan die hand van voorbeelde van energie-omskakelings te kan toelig
[lu 2.4]
Behoud van energie
Die wet oor die BEHOUD VAN ENERGIE is deur Herman Helmholtz (1821 – 1894) ontwikkel.
Volgens hierdie wet kan
ENERGIE NIE GESKEP OF VERNIETIG WORDNIE . Dit kan slegs van een vorm na ’n ander oorgeskakel word.
Sê in elk van die volgende gevalle watter energie-omskakeling ter sprake is:
’n Bal rol van die bopunt van ’n heuwel af
’n Stuk hout brand
ESKOM se steenkoolkragsentrales
Jy pomp jou fietswiel op
’n Satelliet se sonpanele
’n Seuntjie eet ’n roomys
’n Flitslig wat brand
’n Moderne duikboot vaar langs ons kuslyn
Iemand wat op ys skaats
’n Waterwiel
’n Pistoolskoot
’n Elektriese gloeilampie wat brand
Bespreek die volgende stelling krities:
’n Stoomtrein werk met sonkrag .
Assessering van insig in energiebehoud. Kon jy
die wet van energiebehoud toelig? [LU 2.4]
Assessering
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Memorandum
Aktiwiteit:
Voorbeeld
Vorm
Bron
Boek op tafel
Potensieel
Kos het chemiese energie verskaf wat in kinetiese vorm (spieraksie) die boek na die tafel gelig het
Selfoonring
Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
Ski-springer
Potensieel en kineties
Chemies (kos of elektrisiteit) het persoon na hoë punt geneem
Sneltrein
Kineties/meganies
Chemies of kern: elektrisiteit
Mikrogolf
Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
x-straalplate
Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
Fabriekrobot
Kineties/meganies
Chemies of kern: elektrisiteit
Weerligslag
Straling (warmte, lig, klank)
Chemies: elektrisiteit
Middagete
Potensieel, chemies
Chemies: sonlig wat vasgelê is
Klank
Straling
Chemies: elektrisiteit
Elektries by Koeberg
Chemies/elektries
Atome
Lig van flitslig
Straling (warmte, lig)
Chemies
Aktiwiteit
Bal: potensieel na kineties en klank
Hout: chemies/potensieel na klank, lig, hitte
Eskom: chemies/potensieel na elektries
Fietswiel: chemies/potensieel na kineties/meganies
Satelliet: straling na elektries
Roomys: chemies/potensieel na chemies/potensieel (in liggaam gestoor) na kineties
Flitslig: chemies/potensieel na lig en hitte
Duikboot: atoom/kern/chemies na elektries na kineties
Skaats: chemies/potensieel na kineties
Waterwiel: kineties na elektries
Pistool: chemies/potensieel na kineties, hitte en klank
Gloeilamp: elektries na lig en hitte
Ja: stoom kom vanaf steenkool, wat dooie plantmateriaal is wat deur fotosintese met behulp van sonlig (stralingsenergie) gevorm is