<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Hoe argeologie jou kan help om jou provinsie se verlede beter te verstaan
Ons kan die verlede bestudeer deur te kyk:
Hoe mense geleef het; en
Watter dinge hul gebruik het om mee te leef.
In hierdie leereenheid gaan jy vier oefeninge doen om jou hiermee te help.
(a) Die volgende voorwerpe is in 'n grot gevind! Werk in pare en bespreek die volgende vragies:
1.
2.
3.
Waarvoor is die voorwerpe gebruik?
Hoe het hulle dit gemaak?
Waarvan is dit gemaak?
Wanneer is dit gemaak?
Die volgende items is in jul buurman se vullishouer gevind. Die items wat bo in die drom was, is eerste neergeskryf, en dit wat heel onder in was, laaste.
OPDRAG VIR JOU!
(b) Verdeel in jul groepe en gebruik die leidrade om soveel as moontlik van dié gesin uit te vind. Skryf daarna ‘n kort verslag oor ‘n tipiese dag in hul lewens.
vleisbene
twee leë koeldrankblikkies en 'n wynbottel
twaalf sigaretstompies
aartappelskille
Die Rapport
'n leë Weetbix-houer
eierdoppe
stukkies afvalbrood
leë Dogmor-houer
twee leë Pick 'n Pay-sakke
'n leë Solly Kramer-sak
Radio en TV-tydskrif
vier ou vonkproppe, oliefilter
leë olieblik
gebruikte teesakkies, melkhouer
stukkende rugbybal
(Jou onderwyser kan ook sy/haar eie leidrade skool toe bring om die oefening nader te bring aan die werklikheid!)
As jul as speurders inligting hieroor ingesamel het, word jul argeoloë genoem, en is jul besig met:
A | E |
‘n Argeoloog kan ook inligting van rotstekeninge verkry. Ons gaan nou die San se rotstekeninge bestudeer.
AGTERGROND VIR JOU!
Daar is al meer as twee miljoen jaar lank jagter-versamelaargroepe in Suider-Afrika. Reeds 10 000 jaar gelede het die eerste groep jagter-versamelaars, soos die San, in Suid-Afrika aangekom. Hulle het in klein gesinsgroepe rondgetrek op soek na kos.
Dit word gestaaf deur navorsing oor hul beendere, rotstekeninge en gereedskap.
Meestal moes die mans jag en die vrouens wilde plantvoedsel (onder meer vrugte, bolle) versamel. Hulle het ook vis gevang. Gedurende die winter het hulle gewoonlik in ‘n rietskerm of in grotte gebly. In die somer het hulle sommer in holtes geslaap wat met gras of riete uitgelê is. Die San se “klere” is natuurlik van vel gemaak.
(c) Jou maat is ‘n argeoloog. Sê of sy afleidings oor die rotstekeninge waar of vals is.
WAAR | VALS | ||
1. | Terwyl almal dans, sit die vrouens eenkant en klap hande. | ||
2. | Die mans dra drie stokke om maat of ritme mee te hou. | ||
3. | Die mans dra musse met wildsbokhare. | ||
4. | Die tekening was oorspronklik in rooi. | ||
WAAR | VALS | ||
5. | Die San het meestal alleen gejag. | ||
6. | Hul kon diere jag wat groter en sterker as hulle was. | ||
7. | Die San was goeie jagters. | ||
(d) Bekom bronne waaruit jy die volgende inligting kan kry. Verskaf die naam van die bron en die bladsy waarop die inligting voorkom.
1. Hoe het die San wildediere gejag?
2. Hoe sou hulle die vuur aan die brand gekry het as hulle vleis wou gaarmaak?
3. Het die San diere makgemaak? Motiveer.
4. Hoe het hul belangrike stories (soos ‘n groot jagtog) vir die nageslagte bewaar?
LU 1
GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
1.2 met bronne werk:
1.3 vrae beantwoord:
Aktiwiteit
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?