<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Leierskap en Bestuur
‘n Leier en ‘n bestuurder het dus basies dieselfde funksie as die kaptein van ‘n rugby- of netbalspan. Hulle wil almal graag aan die hoof van ‘n wenspan wees, daarom weet hulle dat dit in ‘n groot mate van hulle afhang of hul span gaan wen of verloor.
Wat noem ons die volgende persone?
DIE BEHOEFTE AAN ‘N BESTUURDER
Een van die bestuurder van enige onderneming se belangrikste take is om mense te bestuur. Elke jaar stroom duisende mense van die platteland na die stede om werk te soek. Ons noem dit verstedeliking . Die meeste van hierdie mense is ongeskoolde arbeiders. Met ander woorde, hulle het geen opleiding gehad nie. Dit is belangrik om hierdie menslike hulpbronne sonder diskriminasie aan te wend deur mense soos mense te behandel, hulle op te lei en te motiveer.
Bestuurders in Suid-Afrika het ‘n groot verantwoordelikheid vir korrekte besluite en handelinge, wat tot ekonomiese groei en nuwe werksgeleenthede kan lei. Een van die belangrikste take van die bestuurder is om die mense wat onder hom werk, doeltreffend te bestuur, en veral om hulle te motiveer tot groter produktiwiteit . Hy moet die mense motiveer om te presteer .
A. Bestuurstyle
Elke bestuurder het ‘n bepaalde bestuurstyl of benadering tot sy werk. Daar is basies drie bestuursteorieë:
‘n Werknemer het op sy eie probeer om ‘n probleem op te los, maar hy het dit verbrou.
Toe die bestuurder hom uittrap, het die werknemer homself verdedig deur te sê: “Maar ek het gedink . . .”, waarop sy hoof hom toegesnou het: “Jy moenie dink nie – jy moet maak soos ek sê.”
Só tree ‘n bestuurder op wat in die tradisionele teorie glo.
Hierdie teorie is gegrond op die veronderstelling dat werknemers gemotiveer word deur goeie behandeling.
Hulle verskaf onder andere geriewe vir die personeel soos tennisbane, ‘n swembad, ‘n muurbalbaan, snoekertafels, ens., want die bestuur glo dat mense wat saam speel, ook lekker sal saamwerk.
In hierdie geval gaan dit nie daarom om werknemers goed te behandel nie, maar om hulle goed te benut . Hierdie bestuurder moedig sy werknemers aan om vir hulleself te dink en hul werkprobleme self op te los.
Vraag
Watter teorie sal die doeltreffendste wees om groter produktiwiteit by die werknemers te bewerkstellig?
Die algemeenste teorie wat die meeste in Suid-Afrikaanse maatskappye gebruik word, is die tradisionele teorie op die laer bestuursvlak van ‘n organisasie, en die mensbenuttingsteorie gewoonlik op die topbestuursvlak.
Indien werknemers lui is, en net in geld belangstel, en nie vir hulleself kan dink nie, sal die doeltreffendste benadering ongetwyfeld die tradisionele teorie wees.
Indien werknemers egter hul werk geniet, gretig is om hulleself te bewys en intelligent is, sal die doeltreffendste benadering die mensbenuttingsteorie wees
Elke bestuurstyl word bepaal deur sekere sienings wat ‘n bestuurder van sy werknemers het. Skryf net die nommer van elke kenmerk in die kolom onder die gepaste hofie:
Tradisionele bestuurstyl | Menseverhouding-bestuurstyl | Mensbenuttings-bestuurstyl |
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
3.1 verduidelik die rol van beplanning, organisering leierskap en beheer (bv. finansiële en prosedurele kontrole) in ‘n sakeonderneming; |
3.2 verskillende benaderings tot leierskap en bestuur bespreek; |
3.3 beskryf die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming (rekordhouding, die bewaar van dokumentasie); |
3.5 stel ‘n elementêre staat van netto-waarde op deur persoonlike rekords te gebruik. |
Leierskap en bestuur
Aktiwiteit 2
Tradisionele bestuurstyl | Menseverhouding-bestuurstyl | Mensbenuttings-bestuurstyl |
1 | ||
2 | ||
3 | ||
4 | ||
5 | ||
6 | ||
7 | ||
8 | ||
9 | ||
10 | ||
11 | ||
12 |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?