<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Inkomste vir dienste gelewer
Die geld wat ’n onderneming ontvang vir dienste gelewer (ook bekend as lopende inkomste) word gewoonlik met behulp van ’n kasregister ontvang en die kasregisterrol dien as rekord en brondokument. Dit kan ook in ’n faktuurboek aangeteken word en die afskrif van die kontantfaktuur sal dan dien as brondokument.
Jan. 4 R400
Jan. 10 R540
Jan. 15 R680
Mnr. Peter Pipe stig ’n loodgietersonderneming met die naam, Pipe Loodgieters, en betaal R10 000 in die onderneming se lopende bankrekening in as kapitaal, op 1 Julie 2002. Gedurende Juliemaand het hy loodgieterdienste gelewer en die volgende verdien aan lopende inkomste.
5 Julie R1 500
15 Julie R2 000
25 Julie R1 800
Dok. | Dag | Besonderhede | Fol. | Ontleding | Bank | Lopende inkomste |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
Dok. | Dag | Besonderhede | Fol. | Ontleding | Bank | Lopende inkomste |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
Om kontantbetalings te boekstaaf
LU 3.3 | ||||
Die onderneming beskik oor ’n lopende bankrekening waarin alle ontvangstes betaal word en waaruit alle betalings deur middel van tjeks gedoen word. Alle kontantbetalings word in ’n joernaal aangeteken wat die kontantbetalingsjoernaal genoem word (KBJ). Sien voorbeeld 2.
Dit is noodsaaklik om alle kontantbetalings in die KBJ aan te teken om sodoende aan die einde van die maand te bepaal hoeveel geld gedurende die maand uitbetaal is.
Die tjekteenblad of afskrif van die tjek dien as brondokument. Die volgende inligting moet op die tjekteenblad verskaf word om ’n inskrywing in die KBJ te doen.
OPDRAG 1: Tjek en KBJ
1. Op 2 Julie 2003 word tjek 009 aan TJ Motors betaal vir ’n afleweringsvoertuig van R50 000 (Voltooi die ingeslote blanko tjek).
2. Tjek 010 word op 5 Julie uitgereik vir R850 aan Pipes a Plenty. Die betaling is vir die aankoop van loodgieterbenodigdhede.
3. Tjek 011 word betaal aan TJ Motors vir brandstof ter waarde van R200 op 10 Julie.
4. Skryfbehoeftes ter waarde van R150 word aangekoop van Kantoorvoorsieners en per tjek betaal op 15 Julie. (Nommer van hier af die tjeks self).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?