<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Besin voor jy begin!

Module 11

Stel 'n begroting saam

  1. Probleem 1: Jy kry R50,00 sakgeld in ‘n maand. Volgens jou is dit hopeloos te min, aangesien jy skryfbehoeftes, toiletware, geskenke vir vriende en lekkergoed daarmee moet koop!

Opdrag 1

Stel ‘n begroting saam om jou ouers te oortuig dat hul jou sakgeld moet verhoog en maak ‘n beter voorstel vir ‘n meer aanvaarbare bedrag.

Bedrag
Inkomste - sakgeld Totale bedrag
Uitgawes
a) Skryfbehoeftes
i)
ii)
iii)
iv)
b) Toiletware
ii)
iii)
c) Geskenke
i)
ii)
iii)
d) Lekkernye
i)
ii)
Onderstreep Oorskot/Tekort

[LU 3.4]

Agtergrond
Indien jou sakgeld nie aangevul word nie, sal jy nie al jou rekeninge kan betaal nie. Jou begroting sal dus OORSKRY wees. Die gevolge daarvan is opeenhoping van skuld. Watter implikasies kan dit tot gevolg hê in die normale besigheidswêreld?
  • Jy kan oorhandig word aan die kredietburo (‘n stelsel wat toeganklik is vir alle banke of besighede om jou kredietwaardigheid te evalueer).
  • Jy kan oorhandig word aan skuldinvorderaars en van jou bates kan verkoop word om die skuld te delg.
  • Jy kan insolvent verklaar word.
  • Jou gesondheid kan daaronder lei.

Opdrag 2

Indien jou ouers slegs kan bekostig om vir jou R30,00 ‘n maand sakgeld te gee, op watter uitgawes sal jy besnoei sodat jou begroting balanseer? Stel nou ‘n nuwe begroting op deur items weg te laat wat volgens jou nie noodsaaklik is nie.

Agtergrond
Om jou begroting te laat balanseer, beteken om ‘n bedrag uit te gee wat gelyk is aan of minder is as jou inkomste.
Bedrag
Inkomste - sakgeld Totale bedrag 30,00
Uitgawes
a) Skryfbehoeftes
i)
ii)
iii)
iv)
b) Toiletware
ii)
iii)
c) Geskenke
i)
ii)
iii)
d) Lekkernye
i)
ii)
Onderstreep Oorskot/Tekort

[LU 3.4]

(b) Probleem 2: Huishoudelike begroting.

Jou ouers werk vir ‘n inkomste, aangesien hulle ook sekere uitgawes het wat hulle moet betaal. Hierdie uitgawes kan vaste uitgawes (nie veranderlik, elke maand ‘n vaste bedrag) of veranderlike uitgawes (neem toe na aanleiding van hoeveelheid gebruik) wees.

Opdrag 3

Groepeer die onderstaande uitgawes onder die toepaslike kolom: huispaaiement, telefoonhuur, waterrekening, huishulp se loon, elektrisiteitsrekening, klererekening wat jy afbetaal, tuinwerker se loon, kontant vir kruideniersware, sakgeld, ontspanningsuitgawes, brandstofverbruik.

Vaste uitgawes Veranderlike uitgawes

Probleem: Mag jy werk vir sakgeld?

Opdrag 4

Lees die onderstaande koerantartikel deur wat in Rapport van 10 Februarie 2002 verskyn het.

Kinderarbeider ‘nie kwaad’

Sy kan nie meer smiddae na skool met haar maats touspring nie. Van landloop, die sport waarin sy voorheen uitgeblink het, moes sy ook afskeid neem. Maar Waronice van Wyk (13) is nie meer kwaad nie, net gefrustreerd dat sy nou elke naweek by die huis alleen moet speel.

“Soms vergeet ek my been is af, want ek is al gewoond aan die kunsbeen,” sê sy.

En die kanse dat sy jou sal toelaat om haar kunsbeen te sien, is nul, want Waronice dra altyd langbroek “sodat mense nie kan sien hoe my been lyk nie.”

Die been waarvan sy praat, is haar regterbeen wat net onderkant die knie afgesit is. Sy het dit op 20 Desember 1999 in ‘n ongeluk verloor, toe sy as elfjarige op ‘n plaas buite Ceres in die Boland gewerk het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask