<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dink ‘n bietjie hieroor:
As jy ‘n bottel met ‘n vloeistof gehad het waarvan jou lewe afhang en waarsonder jy sou doodgaan, sou jy hierdie vloeistof besoedel met rioolvullis, afval en giftige stowwe? Dit is wat die mensdom met ons watervoorraad doen oor die hele wêreld heen.
Byvoeglike naamwoorde is woorde wat mense, dinge en plekke beskryf.
Die | waterstratestrande | is | besmet.vuil.besoedel. | Dis | besmettevuilbesoedelde | water.strate.strande. |
Skryf ses sinne neer deur die beskrywende woord wat die beste pas by die naamwoord te gebruik. Nommer jou sinne (i) tot (vi).
Partykeer verander dié woorde as hulle voor die naamwoorde staan.
Assessering onder leiding van die opvoeder.
Kontrolelys vir verboë vorms van die byvoeglike naamwoorde | |
Reëls | Hoe hetek onthou? |
Woord + e bv. netjies e | |
woord eindig op –g + te bv. lig te | |
woord eindig op –nk; verander na –ng bv. la ng | |
woord eindig op –ig of – ik + e (geen verdubbeling) bv. billik e | |
deelteken (ë) bv. dro ë , le ë | |
woord verander bv. oud - ou |
[LU 6.2.7]
Bou woorde!
Verdeel in groepe van ses.
Leerder 1 kyk na die eerste woord in die ketting, byvoorbeeld skoon . Op watter letter eindig die woord? Op ‘n n . Hy/sy dink aan ‘n woord wat met n begin, byvoorbeeld neus .
Leerder 2 bou nou weer ‘n woord wat met die laaste letter, ‘n s , begin, byvoorbeeld sag .
Leerder 3 bou ‘n woord wat met ‘n g begin, ens.
Bou sulke kettings.
Luister terwyl die opvoeder die volgende leesstuk hardop voorlees. Lees dit dan hardop vir jou maat en luister terwyl hy/sy dit voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.
NUWE WOORDE | ||
myne | : | mines |
fabrieke | : | factories |
rioolvullis | : | sewerage |
chemikalieë | : | chemicals |
noodsaaklik | essential | |
plaagdoders | pesticides | |
industriële afval | : | industrial waste |
stort | : | dump |
seewier en seegras | : | algae and seaweed |
koraalrif | : | coral reef |
Waterbesoedeling
Vuil, besoedelde water maak jaarliks 1,2 biljoen mense in die wêreld siek en veroorsaak dat 15 miljoen kinders doodgaan. In Asië het een uit elke drie mense nie eers skoon water om te drink nie!
Myne en fabrieke besoedel riviere met chemikalieë en die gifstowwe en plaagdoders wat boere gebruik, beland ook in riviere.
In baie dele van die wêreld gebruik mense riviere om in te bad, wasgoed te was, om hulle vullis in te gooi en selfs as toilette.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?