<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ons sal almal graag eendag ons land in ‘n sportsoort wou verteenwoordig. Dis egter net die heel bestes wat die Groen en Goud oor hulle koppe kan trek. As jy eendag die geleentheid kon kry om Suid-Afrika te verteenwoordig, watter sportsoort sou jy kies?
Gesels ‘n bietjie daaroor. Skryf dan ‘n paragraaf oor jou keuse na aanleiding van die volgende vrae. (Onthou om jou sinne met ‘n hoofletter te begin en met ‘n punt te eindig.) Skryf ook in volsinne.
In watter sportsoort wil jy Suid-Afrika verteenwoordig?
Beoefen jy reeds hierdie sportsoort?
Hoekom kies jy juis hierdie sportsoort? (Gee twee redes).
Het jy al wedstryde of kompetisies in hierdie sportsoort bygewoon of op televisie gesien?
Indien dit ‘n spansport is, watter posisie wil jy speel?
Jy sal natuurlik baie trots voel, indien jy hierdie prestasie behaal. Wie sal almal trots wees op jou?
[LU 4.1.6]
Ek dra groen en goud
(gebruik die bostaande opskrif vir jou paragraaf)
Lees jou paragraaf hardop vir jou maat en ruil dan die paragraaf met jou maat om.
Het jou maat dit reggekry om te sê watter sport hy/sy kies en waarom? Gebruik die onderstaande om jou maat te assesseer.
Maak ‘n merkie () in die toepaslike kolom.
Nooit | Soms | Dikwels | Altyd | |
Die sinne begin met hoofletters. | ||||
Name en vanne is met hoofletters geskryf. | ||||
Daar is punte aan die einde van die sinne. | ||||
Al die woorde is Afrikaans. | ||||
Ek verstaan wat geskryf is. | ||||
[LU 6.1.3]
Die leerkrag verskaf 'n kopie aan elke leerder. Identifiseer elke sportsoort:
Bokshandskoen |
Krieketkolf |
Paaltjies |
Skeidsregter |
Gholfstok |
Tennisraket |
Hokkiestok |
Skaatsplank |
Beenskut |
[LU 3.1.4]
Die sinne hieronder vertel ons meer van pluimbal. O aarde, die woorde het deurmekaar geraak! Skryf die sinne oor sodat hulle sin maak. Begin die sinne met die woorde wat met hoofletters geskryf is.
[LU 5.2.3]
Blaai na die sportblad. Kies vir jouself 'n kort beriggie of 'n gedeelte van ‘n berig.
Lees dit 'n paar keer deur en vertel dit oor aan jou groep in jou eie woorde.
Gebruik die volgende om mekaar te assesseer.
Vaar nie goed nie |
Vaar redelik goed |
Vaar baie goed |
Vaar uitstekend |
[LU 2.3.1]
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.1.4 druk gevoelens uit;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);
3.3 lees vir inligtng:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.3 rangskik dinge volgend bepaalde kriteria
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
3.
(a) Die pluimbalraket is baie lig.
(b) Pluimballe word van gansvere gemaak.
(c) Die baan is baie soos ‘n tennisbaan.
(d) Die net is hoër as op ‘n tennisbaan.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?