<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Groepwerk
[LU 4.1]
Hierdie projek kan op verskillende vlakke aangebied word: binne klasverband, binne graadverband, binne skoolverband of as pretaktiwiteit vir ‘n skoolgesinsdag (bv. Lentedag). Afhangende van die aantal persone betrokke en die beskikbare tyd, kan hierdie opwindende aktiwiteit na behoefte aangepas word.
Buitelugprogram binne klasverband
’n “Skattejag”- benadering werk goed vir die aktiwiteit. Vooraf word sekere “pryse” of voorwerpe op plekke versteek om as bewysstuk te dien dat die span wel die korrekte bakens bereik het. Elke groep kry ‘n kaart met ‘n reeks instruksies.
Opdragte t.o.v. die vind van ongeveer vyf bakens moet skriftelik aan elke groep gegee word.
Die volgende vaardighede moet getoets word:
Let Wel: Dit is belangrik dat die groepe regverdig verdeel word, bv. ewe veel meisies en seuns per groep, goeie sportpersone, sterker en swakker leerders, ens.
LU 4 |
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 deelneem aan ’n buitelugavontuurprogram deur oriëntering in verskillende omgewings; |
4.2 ’n reeks liggaamlike aktiwiteite uitvoer, insluitend draai-, lig- en balanseerbewegings; |
4.3 deelneem aan en verslag doen oor ’n fiksheidsprogram; |
4.4 ’n speletjie speel en ontwerp wat die begrip van inval insluit; |
4.5 regverdige spel ondersoek in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?