<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1:
Om tussen ’n inkomstestaat en ’n balansstaat te kan onderskei
[LU 3.1]
Dit is belangrik dat inligting oor finansiële transaksies in ’n verstaanbare en bruikbare vorm aan die belanghebbende persone oorgedra word. Dit word deur middel van finansiële state gedoen. Die balansstaat en inkomstestaat is opsommings van die onderneming se finansiële toestand op ’n sekere tydstip.
Die finansiële verslae moet volgens Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk opgestel word om te verseker dat dit ’n redelike weergawe van die finansiële toestand is wat sodoende die nodige inligting voorsien vir goeie beplanning en besluitneming.
Die Inkomstestaat se primêre doel is om die wins of verlies wat oor ’n bepaalde periode verkry is, weer te gee.
Die Balansstaat se primêre doel is om die finansiële toestand van ’n onderneming op ’n bepaalde datum weer te gee.
Die Balansstaat word in die volgende afdelings verdeel:
1 . Bates – Bestaan uit Nie-Bedryfsbates en Bedryfsbates
2 . Ekwiteit en Laste – Bestaan uit Eienaarsbelang, Nie-Bedryfslaste en Bedryfslaste
AKTIWITEIT 2:
Om inkomstestate vir ’n diensonderneming en handelsonderneming onderskeidelik op te stel
[LU 3.1]
Z. ZulekiHandeldrywend as XYZ Loodgieters Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2003
Lopende Inkomste | 55 000 |
Bedryfsuitgawes | (38 274) |
Telefoon | 3 420 |
Water en Elektrisiteit | 5 620 |
Huuruitgawe | 12 000 |
Brandstof | 3 730 |
Skryfbehoeftes | 3 680 |
Lone | 9 824 |
Netto Inkomste vir die jaar | 16 726 |
S. SolaniHandeldrywend as Solani Handelaars Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2003
Verkope | 324 000 |
Koste van verkope | (200 000) |
Bruto Wins | 124 000 |
Ander bedryfsinkomste | 14 400 |
Huurinkomste | 12 000 |
Rente-inkomste | 2 400 |
Bruto Bedryfsinkomste | 138 400 |
Bedryfsuitgawes | (32 800) |
Salarisse en Lone | 23 000 |
Skryfbehoeftes | 800 |
Versekering | 2 400 |
Telefoon | 500 |
Advertensiekoste | 600 |
Rente op verband | 2 500 |
Eiendomsbelasting | 3 000 |
Netto Wins vir die jaar | 105 600 |
OPDRAG 1 : Inkomstestaat van ’n Diensonderneming
PROEFBALANS VAN FIXIT LOODGIETERS
Dt. | Kt. | ||
Balansstaatafdeling | |||
Kapitaal | B1 | 138 629 | |
Onttrekkings | B2 | 15 800 | |
Grond en Geboue | B3 | 100 000 | |
Voertuie | B4 | 28 000 | |
Toerusting | B5 | 12 740 | |
Bank | B6 | 3 963 | |
Nominale Rekeninge-afdeling | |||
Materiaalkoste | N1 | 6 084 | |
Versekering | N2 | 531 | |
Advertensies | N3 | 389 | |
Salarisse | N4 | 12 500 | |
Lone | N5 | 4 715 | |
Lopende Inkomste | N6 | 52 871 | |
Brandstof | N7 | 3 186 | |
Herstelwerk | N8 | 917 | |
Telefoon | N9 | 1 008 | |
Skryfbehoeftes | N10 | 492 | |
Water en Elektrisiteit | N11 | 1 175 | |
191 500 | 191 500 | ||
OPDRAG 2 : Inkomstestaat van ’n Handelsonderneming
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?