<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Om die soorte brondokumente vir boekstawing en hul gebruike op te noem
LU 3.3 | ||||
By die boekstawing van rekeningkundige transaksies word gebruik gemaak van brondokumente. Hierdie dokumente verskaf die inligting wat benodig word om transaksies in die boeke aan te teken. Dit dien ook as bewys dat die transaksies plaasgevind het.
By kontanttransaksies word die volgende brondokumente gebruik:
By krediettransaksies word die volgende brondokumente gebruik:
OPDRAG:
Om ’n depositostrokie as brondokument te kan gebruik
LU 3.3 | ||||
Kry ’n blanko depositostrokie by enige bank en voltooi dit met betrekking tot die volgende inligting:
Mnr. P. Tredoux is die eienaar van PT Dienste geleë by Napierstraat 12, Paarl. Op 1 Junie 2002 deponeer hy geld in die onderneming se lopende bankrekening. Dié rekening se nommer is 123-456-789.
Die deposito is soos volg saamgestel:
3 x R50-note
Nikkel ter waarde van R75.
G. Louw het ’n tjek geteken vir R2 000. Louw het ’n tjekrekening by ANB Bank in Ceres.
AKTIWITEIT 3:
Om kontantontvangstes te boekstaaf
LU 3.3 | ||||
Alle kontant wat in ’n onderneming ontvang word, word vir kontroledoeleindes in ’n joernaal aangeteken wat bekend staan as die kontantontvangstejoernaal (KOJ) .
Die volgende is tipes transaksies wat met die ontvangs van kontant gemoeid is:
1. Kontant wat die eienaar in die onderneming se bankrekening inbetaal as sy kapitaalbydrae
2. Kontantontvangste vir dienste gelewer
3. Huurinkomste wat ontvang word by die verhuring van ’n gebou of gedeelte daarvan.
Wanneer die eienaar kapitaal in die onderneming inbetaal, word ’n kwitansie aan hom uitgereik. Die afskrif van hierdie kwitansie word gebruik om ’n inskrywing in die KOJ te maak.
Die volgende inligting moet op die kwitansie verskaf word om ’n inskrywing in die KOJ te kan maak.
Die afskrif van die bankdepositostrokie wat voltooi word om die kapitaalbedrag direk in die onderneming se lopende bankrekening in te betaal, kan ook as brondokument gebruik word.
Op 1 Januarie 2003 betaal die eienaar J. Jolie R50 000 as kapitaalbydrae in ’n onderneming, met die naam Salon Jolie, se bankrekening. (sien voorbeeld 1)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?