<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Konvensionele kaarttekens op 1:50 000 kaarte
Hierdie kaartekens is deel van die “taal” van topografiese kaarte. Hulle word in die sleutel onderaan die kaart verklaar en word wêreldwyd gebruik. Ken en verstaan dit deeglik.
1.1 Kaartsimbole vir kultuurverskynsels (mensgemaakte verskynsels)
Kaarttekens word so gekies dat dit gewoonlik dadelik duidelik is wat dit voorstel. Kultuurverskynsels soos geboue, dorpe, kraglyne (swart kleur) damme, kanale (blou kleur), bome, bosse en landerye (groen kleur) word aangedui. Hierdie simbole word op die kaart oordryf in grootte anders sou dit te klein gewees het om te teken.
1.2 Kaartsimbole vir natuurverskynsels
Die belangrikste natuurverskynsels is berge, heuwels, valleie en vlaktes. Hierdie verskynsels moet egter van die kontoerlyne op die kaart afgelei word en het nie spesifieke simbole nie. Ons gaan eersdaags kontoerlyne bestudeer.
Nog ’n baie belangrike natuurverskynsel wat op topografiese kaarte voorkom, is die area se dreinering. Dit word verkry deur na al die riviere en hul sytakke te kyk, wat in blou op ’n topografiese kaart aangedui word.
As dit standhoudende riviere is, sal dit aaneenlopende blou lyne wees, terwyl ’n gebied met lae of seisoenale reënval se riviere met blou stippellyne voorgestel word (nie-standhoudend).
Die rigting waarin die rivier vloei, gee ook belangrike inligting oor die hoër en laer dele van die area:
byvoorbeeld:
byvoorbeeld:
1.3 Hoogtevoorstelling op topografiese kaarte
Hoogte word op meer as een manier op ’n kaart voorgestel.
● 1419byvoorbeeld
AKTIWITEIT 1
[LU 1.4]
2. Bestudeer die meegaande 1:50 000 topografiese kaart van Beaufort-Wes. Kyk noukeurig na die gebied tussen die N1 en die R81 (suid-oostelike hoek van die kaart). Noem ten minste ses kaartsimbole wat in die gebied voorkom.
3. Is daar enige aanduiding dat die spoorlyn geëlektrifiseer is?
4. Watter tipe kommunikasielyne verbind Beaufort-Wes met die buitewêreld?
5. Watter kaartsimbole word by die volgende graadnetverwysings (koördinate) aangetref?
a) 32 17’06”S ; 22 37’15”O
b) 32 19’11”S ; 22 34’04”O
c) 32 20’49”S ; 22 34’09”O
d) 32 19’26”S ; 22 37’28”O
6. Wat is die gemiddelde hoogte bo seevlak in die omgewing van die skietbaan (32 19’06”S ; 22 35’37”O)?
7. Wat is die hoogte van die hoogste driehoeksbaken op die topografiese kaart?
8. Wat is die kontoerinterval (vertikale tussenruimte) van die kaart?
9. Bepaal die vertikale verskil in hoogte tussen Lammertjiesleegte (32 19’50”S ; 22 32’50”O) ) en driehoeksbaken 148 (32 20’52”S ; 2233’37”O).
10. Sien jy enige verwantskap tussen die spoorlyne en die reliëf van die omgewing?
11. Wat is die naam van die standhoudende rivier in hierdie gebied?
12. In watter rigting vloei hierdie rivier wat jy by nommer 11 benoem het?
13. Dink jy daar bestaan ’n vloedgevaar in die gebied? Verduidelik.
14. Watter bewyse is daar op die kaart dat daar met vee in hierdie gebied geboer word?
15. Wat dink jy is die doel van die vore (furrows) wat op die kaart voorkom?
16. Watter afleiding kan jy oor die reënval van die streek maak?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer. |
AKTIWITEIT 8:
Beboude gebied. (Mgquba).
ρ 84 = 624,2.
624,2 – 540 = 84,2 meter.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?