<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Elemente
Opdrag
http://smallfry.dmu.ac.uk/chem/tables
Klasaktiwiteit: Luistervaardighede
[LU 2.2]
Luister met aandag na die onderwyser se verduideliking en voltooi die volgende:
Die Periodieke Tabel
1. Die horisontale lyne staan bekend as
2. Die vertikale lyne staan bekend as
3. Waar op die periodieke tabel kom die metale voor?
4. Watter metale word onder paraffien gestoor? Hoekom?
5. Wat noem ons hierdie metale?
6. Waar op die periodieke tabel kom die nie-metale voor?
7. Watter nie-metaal word onder water gestoor? Hoekom?
8. Waar op die tabel kom die meeste gasse voor? Verduidelik
9. Watter gasse reageer nie op ander stowwe nie?
10. Wat noem ons hierdie groep?
11. Watter gas is die eenvoudigste en die ligste?
12. Watter elemente verkeer by kamertemperatuur in vloeistoffase?
13. Watter element sublimeer?
14. In watter fase verkeer die meeste elemente by kamertemperatuur?
15. Waarom plaas ons bepaalde elemente in dieselfde groep?
Elemente in Simboolvorm
Simbole van elemente
Nr. | Naam | Simbool | Fase by kamer-temperatuur | Metaal of nie-metaal | Interessante Feit |
1 | Waterstof | ||||
2 | Helium | ||||
3 | Litium | ||||
4 | Berillium | ||||
5 | Boor | ||||
6 | Koolstof | ||||
7 | Stikstof | ||||
8 | Suurstof | ||||
9 | Fluoor | ||||
10 | Neon | ||||
11 | Natrium | ||||
12 | Magnesium | ||||
13 | Aluminium | ||||
14 | Silikon | ||||
15 | Fosfor | ||||
16 | Swawel | ||||
17 | Chloor | ||||
18 | Argon | ||||
19 | Kalium | ||||
20 | Kalsium | ||||
26 | Yster | ||||
29 | Koper | ||||
30 | Sink | ||||
35 | Broom | ||||
47 | Silwer | ||||
82 | Lood | ||||
80 | Kwik | ||||
28 | Nikkel | ||||
92 | Uraan | ||||
24 | Chroom | ||||
53 | Jodium | ||||
27 | Kobalt | ||||
Goud |
PERIODIEKE TABEL
Groepwerk: Vasvra
Enige vrae wat nie beantwoord kan word nie, moet nagevors word.
Skryf die element in die blokkie langsaan neer.
1. Dit gee ‘n verblindende wit lig af as dit brand ( net soos in die “sterretjies” wat jy op jou verjaarsdag by ‘n bekende hamburger restaurant kry). | . |
2. Die hoofmetaal wat hulle in ruimteskepe en satelliete soos die IRS gebruik. | . |
3. Die element wat, indien dit met suurstof in aanraking sal kom, roes sal vorm. | . |
4. Die gas waarmee jy ballonne by partytjies vul sodat hulle kan opstyg. | . |
5. Die metaal waarvan meeste elektriese geleiers gemaak word. | . |
6. Die element waarvan die atome die minste elektrone het. | . |
7. Die waardevolle metaal wat in juweliersware, muntstukke en fotografiese films gebruik word. | . |
8. Die geel nie-metaal wat in warmbronne en vulkane aangetref word en ‘n groot bydrae maak tot suurreën. Dit kom ook voor in vuurhoutjies en vuurwerke en in baie medisynes. | . |
9. ‘n Halogeen wat ‘n vloeistof is. | . |
10. Die onaktiewe gas in gloeilampe. | . |
11. ‘n Magnetiese metaal wat gebruik word in hitte-bestande legerings. | . |
12. ‘n Element wat gesonde tande verseker. | . |
13. Die nie-metaal wat spontaan aan die brand sal slaan as dit met suurstof meng (jy sien dit soms in die aand op die see). | . |
14. Die element wat die meeste in rekenaars en transistors gebruik word. | . |
15. Die element wat in swembadreinigers voorkom en wat kieme doodmaak. | . |
16. Die element wat in alle organiese verbindings voorkom. | . |
17. Die element wat met ‘n violetlig brand in suurstof. | . |
18. Metaal waarmee die meeste badkamerkrane bedek word. | . |
19. Gas wat in buisligte gebruik word. | . |
20. Gifstof in insekdoders wat ook al deur moordenaars gebruik is (vind uit oor Daisy de Melcker). | . |
21. Metaal waarvan vensterrame van veral huise by die see, asook koeldrankblikkies, gemaak word. | . |
22. Die volopste gas in die atmosfeer. | . |
23. Die edelgas wat met ‘n heldergroen kleur brand. | . |
24. Die metaalgedeelte van tafelsout. | . |
25. Metaal waarvan dakbedekkings, asook wasbakke, gemaak word. | . |
LU 2 | AS 2.1 | |||||
Het jy geweet?
Sekere elemente soos
KOOLSTOF
kom in verskillende vorms voor:
diamante
steenkool en die
grafiet in jou potlood!
http://education.jlab.org/itselemental/ele006
http://mineral.galleries.com
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
DIE PERIODIEKE TABEL
1. periodes
2. groepe
3. links onder en om die oorgangsblok
4. Li, Na, K – reaktief met waterdamp
5. Alkali-metale
6. Regs onder
7. P – reaktief met suurstof
8. Heelregs
9. Gasse heel regs
10. Edelgasse
11. H
12. Br en Hg
13. Jodium
14. Vaste stof
15. Ooreenkomste in eienskappe
ELEMENTE IN SIMBOOLVORM
Nr | Naam | Simbool | Fase | metaal of nie-metaal | Interessante Feit |
1 | Waterstof | H | G | Ligste gas | |
2 | Helium | He | G | Stabiele gas; balonne | |
3 | Litium | Li | V | M | |
4 | Berillium | Be | V | M | |
5 | Boor | B | V | ||
6 | Koolstof | C | V | Alle organiese stowwe | |
7 | Stikstof | N | G | Volopste in atmosfeer | |
8 | Suurstof | O | G | Noodsaaklik respirasie | |
9 | Fluoor | F | G | ||
10 | Neon | Ne | G | Buisligte | |
11 | Natrium | Na | V | M | |
12 | Magnesium | Mg | V | M | Brand wit lig |
13 | Aluminium | Al | V | M | Ligte metaal |
14 | Silicon | Si | V | Sand | |
15 | Fosfor | P | V | Brand spontaan | |
16 | Swawel | S | V | Geel poeier | |
17 | Chloor | Cl | G | Gifgas | |
18 | Argon | Ar | G | ||
19 | Kalium | K | V | M | |
20 | Kalsium | Ca | V | M | Tande |
26 | Yster | Fe | V | M | Hemoglobien;roes |
29 | Koper | Cu | V | M | |
30 | Sink | Zn | V | M | |
35 | Broom | Br | VL | ||
47 | Silwer | Ag | V | M | Edelmetaal |
82 | Lood | Pb | V | M | |
80 | Kwik | Hg | VL | M | |
28 | Nickel | Ni | V | M | Muntstukke |
92 | Uraan | U | V | M | Kernreaktors |
24 | Chroom | Cr | V | M | Krane |
53 | Jodium | I | V | Sublimeer | |
27 | Kobalt | Co | V | Weerornamente | |
Goud | Au | V | M |
GROEPWERK:
VASVRA
1. Mg
2. Titanium
3. Fe
4. He
5. Cu
6. H
7. Ag
8. S
9. Br
10. Ar
11. Co
12. Ca
13. P
14. Si
16. Cl
17. K
18. Cr
19. Ne
20. Sianied
21. Al
22. N
23. Kr
24. Na
25. sink
KLASAKTIWITEIT:
UITKEN VAN METALE EN NIE-METALE
Metale:
Nie-metale:
1. blink, hard
2. goud
3. aanvraag
4. studie van metale
5. allooi
6.
METALE | NIE-METALE |
hard en blink | verkillende kleure; nie hard |
plooibaar en smeebaar | Bros, breek |
gelei hitte | Nee |
gelei elektrisiteit | Nee |
7. plooibaar – lang drade uitgerek
smeebaar – dun plate uitgeklop
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?