<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Julle het beslis al agtergekom dat julle dorp, voorstad of stad in verskillende dele verdeel is. Die deel waar die meeste winkels en kantore geleë is, word die sentrale sakekern genoem (met besighede/winkels en kantore). Dan is daar ook die nywerheidsgebied (fabrieke en werkswinkels) en die woongebiede (woonhuise en woonstelle). Daar is goeie redes vir dié verdeling. Dit sal mos nie lekker wees om reg langs ’n fabriek te woon waar daar die hele dag lank ’n geraas en ’n gewoel en ’n gewerskaf is nie!
Weet julle watter soorte geboue ons in elk van hierdie gebiede kry? Vul dit in die tabel in.
Sentrale sakekern | Nywerheidsgebied | Woongebied |
..................................... | ....................................... | ....................................... |

...................................... | ....................................... | ....................................... |

Mense wat te doen het met die ontwerp van stede en dorpe, word stadsbeplanners genoem. Stadsbeplanners bepaal nie net waar woonbuurte, fabrieksterreine en die sentrale sakekern moet wees nie, maar sorg ook dat grond afgebaken word vir die aanlê van kerke, skole, ontspanningsgebiede, sportterreine, strate, parkeerterreine, en vir dienste soos spoorlyne, kragvoorsiening, telefoonverbindings, riolering, en dies meer. Julle kan verstaan dat stadsbeplanners sommer aan baie dinge aandag moet gee.
Op amptelike stadskaarte word grondgebruik in verskillende kleure aangedui. Deur na die kleure op te let, kan ’n mens vasstel of ’n deel vir bewoning, of fabrieke, of wat ook al, gebruik word.
Die onderstaande tabel sê watter kleure vir die verskillende gebiede op ‘n grondgebruikkaart gebruik word. Voltooi dit deur die sleutel korrek in te kleur. Daarna moet julle die grondgebruikkaart met die regte kleure inkleur.
1. | Sakegebied | (donkerblou) | ||
2. | Nywerheidsgebied | (pers) | ||
3. | Hoëdigtheidsbewoning | (oranje) | ||
(nie genommer) | Enkelbewoning | (geel) | ||
5. | Sport en ontspanning | (donkergroen) | ||
6. | Openbare oop ruimtes | (liggroen) | ||
7. | Landbougrond | (donkergroen omlyning) | ||
8. | Skole | (grys) | ||
9. | Kerke | (grys // 45 o swartarsering) |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?