<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Voordat jy enige van die aktiwiteite kan doen, moet jy jou liggaam opwarm.Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.
Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.
kop op, af, regs, links, draai
skouers op, af, draai
herhaal agt keer.
Jy kan enige kombinasie met hierdie oefeninge doen; bogenoemde is slegs ‘n voorbeeld.
buig bolyf vorentoe en op
lig hakke en sak
herhaal agt keer
Kombineer nou al die oefeninge – begin by die kopoefeninge en herhaal vier keer. Die opwarming moet nie minder as drie minute en nie meer as tien minute duur nie.
Slegs na die opwarming kan daar met die dans begin word.
Hierdie dans kan met musiek uitgevoer word. Hip Hop, Rap of Funk sal die beste werk met die Robot Dans.
Kies drie beweegbare liggaamsdele, bv. kop, linkerbeen, regterarm.
Beweeg die drie liggaamsdele na mekaar.
Kombineer en isoleer twee of drie liggaamsdele in eenvoudige koördinasies, bv. kop-, arm- of beenbewegings.
Wys jou kombinasie (dans) vir die res van die klas en laat hulle jou dans namaak.
Dink daaraan om jou dans in ‘n reguit lyn uit te voer.
Dink daaraan om jou dans in ‘n patroon te dans.
Wanneer jy die Hansworsdans doen, dink daaraan om klanke met jou stem by jou bewegings te voeg.
Jou dans moet die volgende bewegings en klanke insluit:
Spronge : Klank: “Uh”
spring op een voet
spring op twee voete
spring van twee na een voet
voeg armbewegings by
voeg kopbewegings by
Beweging : Klank; “A”
beweeg vorentoe terwyl jy spring
beweeg agtertoe terwyl jy spring
beweeg na regs, kyk vorentoe, terwyl jy spring
beweeg na links, kyk vorentoe, terwyl jy spring
Draai : Klank: “Sh”
draai ‘n beweegbare deel van jou liggaam, bv. kop of arm
draai bolyf
draai in verskillende grade (volle draai, halwe draai, kwart - draai)
hop (draai terwyl jy hop)
tree (bv. loop in ‘n sirkel)
Kombineer hierdie drie bewegings geleidelik terwyl jy fokus op die verskillende vlakke beskikbaar (hoog, middel, laag), bv. kombineer ‘n sprong op een voet en draai na ‘n ander ruimte.
Dit is belangrik dat jy jou spiere strek na elke klas. Indien jy nie strek nie, sal jou spiere styf en seer voel die volgende dag.
Kies stadige, rustige musiek.
Asemhalingsoefening
Staan met voete heupwydte van mekaar af, arms hang langs sye.
Asem in deur die neus terwyl jy jou arms bo jou kop lig.
Asem uit deur jou mond, laat sak arms en buig knieë terselfdertyd.
Herhaal vier keer.
Nek strek
Lig regterarm reguit bo kop, sit arm oor kop, raak die linkerkant van jou kop met jou regterhand.
Trek jou kop stadig na jou regterskouer en laat sak jou linkerskouer.
Herhaal aan die linkerkant.
Arm strek : neem jou regterarm oor jou bors en trek die arm met die linkerhand na jou liggaam toe – herhaal aan die linkerkant.
Bolyf strek : lig albei arms reguit bo jou kop en probeer die dak raak terwyl jy jou bolyf strek.
Rug strek : buig knieë, knieë en voete wys vorentoe – leun vorentoe en plaas hande op jou knieë – strek rug op (soos ‘n kat) en laat sak (herhaal vier keer).
Hampees- en kuitstrek : Sit een voet voor die ander, maak knie reguit – buig die been wat agter is – lig die tone van die reguit been, hou jou hak op die vloer – buig jou bolyf stadig vorentoe, hou jou rug reguit – herhaal aan die ander kant – hou strek vir agt tellings.
LEERUITKOMS 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 die verskillende maniere waarop liggaamsdele individueel en in kombinasie kan beweeg, verken;
4.2 eksperimenteer deur stem en liggaam te kombineer in klank en beweging.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?