<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die uitkoms van ’n eksperiment is ’n enkele resultaat van daardie eksperiment.
Die steekproefruimte van ’n eksperiment is die volledige stel moontlike uitkomste van die eksperiment.
’n Gebeurtenis is enige stel uitkomste van ’n eksperiment
Die begrip ewekansige eksperiment of statistiese eksperiment word gebruik om enige herhaalbare proses te beskryf waarvan die resultate op een of ander manier ontleed is. Byvoorbeeld, die opskiet van ’n muntstuk en aantekening van die resultaat is ’n ewekansige eksperiment, want die proses is herhaalbaar. Aan die ander kant, jou lees van hierdie sin vir die eerste keer en aantekening van of jy dit verstaan of nie is nie ’n ewekansige eksperiment nie, omdat dit nie herhaalbaar is nie (indien jy wel ’n reeks verskeie mense vra om dit te lees en ’n aantekening te maak oor of hulle dit verstaan, al dan nie, sal dit ’n ewekansige eksperiment word).
’n Venn-diagram kan gebruik word om die verhouding tussen die moontlike uitkomste van ’n ewekansige eksperiment en die steekproefruimte te toon. Die Venn-diagram op [link] toon die verskil tussen die universele stel, ’n voorbeeldruimte en gebeure en hul uitkomste as deelversamelings van die steekproefruimte.
Ons kan Venn-diagramme teken vir eksperimente met twee en drie gebeurtenisse. Hulle word gewys in [link] en [link] . Venn-diagramme vir eksperimente met meer as drie gebeurtenisse is meer kompleks en word nie op hierdie vlak behandel nie.
Die vereniging van en is die stel van alle elemente in of in (of in beide). word ook geskryf as . Die snypunt van en is die stel van alle elemente in beide én . word ook geskryf as .
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?