<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1
Die leerder is in staat wees om ondersoekvaardighede te gebruik, historiese kennis en begrip te demonstreer en om aspekte daarvan te interpreteer: EENHEID IN AFRIKA
[LU 1.2 – 1.4, 2.2, 2.4, 3.2, 3.3]
BRON AAanhalings uit artikels van die OAE-Handves. Die OAE is in 1963 gestig.
Artikel II DOELSTELLINGS
1. Die organisasie streef die volgende doelstellings na:
a) Om eenheid tussen Afrika- en Malgassiese State te bevorder.
b) Om samewerking te koördineer en te verhoog om sodoende beter lewens- omstandighede vir sy mense daar te stel.
c) Om alle vorms van kolonialisme op die vasteland van Afrika uit te roei, en …
Artikel III BEGINSELS
1. Geen inmenging in die huishoudelike sake van ‘n staat nie.
2. Nie-gewelddadige beslegting van geskille deur o.a. onderhandelinge, mediasie, konsiliasie of arbitrasie.
Uit: Basic Documents and Resolutions (OAU Provisional Secretariat, Addis Ababa, no date)
BRON B
DIE STIGTING VAN DIE AFRIKA-UNIE
‘n Oomblik van stilte vir die Organisasie van Afrika-Eenheid, asseblief. Met sy stigting ongeveer 40 jaar gelede was daar ‘n optimisme dat Afrika sy eie probleme sou kon oplos. Die OAE kon nooit uitvoering hieraan gee nie, en is verlede week deur sy eie ledestate ontbind. Sy plaasvervanger is die Afrika-Unie, wat geloods is met ‘n nuwe stel reëls vir die bestuur van vooruitgang op die kontinent. Terwyl die OAE gestig is om kolonialisme, apartheid en vreemde inmenging te beveg, sal die AU konsentreer op menseregte, demokrasie, goeie regering en ontwikkeling.
Hawthorne, P: All for One, One for All , (Time, Vol 160, No4, 22 Jul 2002)
BRON C’n Beskrywing van die Burgeroorlog in die Soedan.
In Soedan vertel die getalle ‘n afgryslike storie: twee miljoen gedood, vier miljoen ontwortel, en duisende tot slawerny gedwing. Soedan is die tuiste van Afrika se langdurigste burgeroorlog, en die dodelikste in die wêreld . Meer mense het al hier gesterf as in Bosnië, Kosovo, Somalië, Afghanistan, Tsjetsjnië en Algerië tesame.
Die burgeroorlog het in 1955 uitgebreek as ’n stryd tussen die land se oorheersende Arabiese Moslemnoorde en die swart Afrikasuide, wat selfregering verlang het. Die suidelikes, meestal Christene en die volgelinge van stamgebonde gelowe, het gevoel dat daar teen hulle gediskrimineer word en dat die regmatige deel van dienste hulle al lank ontsê is.
Patricia Smith: Africa’s Longest War, The New York Times (teacher.scholastic.com)
BRON DStigting van die OAE in 1963; van eenheid min sprake.
Malan, S. (ed.): New History to the Point , Johannesburg, 1975
Aktiwiteit 2
[LU 1.2, 1.3, 1.4, 2.2, 2.4, 3.2, 3.3]
1. Bestudeer Bronne A, C en D.
1.1 Deur gebruik te maak van jou kennis en bostaande bronne verduidelik hoe die OAE se doelstellings en beginsels soos genoem in Bron A, nie uitgevoer is nie. Verskaf redes uit die bronne.
2. Bestudeer Bronne A en B.
2.1 Waarom, volgens Bron B, was die OAE 'n mislukking? Gebruik jou kennis en gee bewyse vanuit die bronne.
2.2 Watter nuwe rol word daar volgens Bron B vir die Afrika-Unie voorsien? Wat is jou mening oor die nuwe benadering van die Afrika-Unie en verwag jy dat dit meer suksesvol sal wees?
2.3 Op watter politieke aspekte het die OAE volgens Bron B te veel gekonsentreer?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne]; |
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne]; |
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne]; |
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag]; |
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord]. |
LU 2 |
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie]; |
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg]; |
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg]; |
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit]. |
LU 3 |
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie]; |
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie]; |
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie]; |
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede]. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?