<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
EKOLOGIE is die studie van organismes in hulle natuurlike omgewing asook die interaksie tussen hulle.
VRAE
1. Wat is ’n EKOLOGIESE OMGEWING?
2. Uit watter basiese komponente of dele bestaan alle ekologiese omgewings?
3. Bios beteken Lewe in Grieks.
Wat dink jy beteken die volgende begrippe? Vra jou onderwyser om te verduidelik.
3.1 abioties
3.2 bioties
3.3 faktor
4. ’n Ekologiese omgewing kan as ’n EKOSISTEEM beskryf word.
4.1 ’n Ekosisteem is ___________________________
’n EKOSISTEEM is dus die lewende en nie-lewende komponente van ’n bepaalde omgewing en die interaksie tussen die komponente.
Die studie van ekosisteme en die interaksies tussen die organismes en hul omgewing noem ons EKOLOGIE .
Jou onderwyser sal met julle reël vir ’n besoek aan ’n geskikte tuin in julle omgewing of net ’n deel van julle skoolgrond. Dit moet ’n deel wees waar die tuinier nie elke dag werk nie.
1. Verdeel in groepe en spasieer uitmekaar en sit vir sowat vyf minute doodstil in die tuin.
2. Kyk wat jy alles kan waarneem.
3. Elke groep pluk ’n enkele blaartjie (met toestemming) van elke plantsoort wat in die area sigbaar is. Plaas dit tussen twee skoon velle papier en in ’n dik boek. Gee elke plant jou eie naam.
4. Tel die hoeveelheid van elke plant- en diergroep in jou afgebakende area en tabuleer dit hieronder.
5. Maak ook ’n lys van alle nie-lewende (abiotiese) faktore wat die aard van die omgewing bepaal.
TIPE organisme (lys eie) | GETALLE van organisme | |
Plante | ||
TIPE organisme (lys eie) | GETALLE van organisme | |
Diere | ||
6. Abiotiese faktore:
Assessering van TUINONDERSOEK:
Kon jy opdrag uitvoer en resultate neerskryf?
[LU 1.1; 1.2]
Teken ’n kolomgrafiek van die plantsoorte wat jy aangeteken het en hul getalle.
Assessering van kolomgrafiek:
Kon jy die vrae beantwoord en die getalle suksesvol in kolomme aandui?
[LU 2.2]
Dat ’n populasie of bevolking ’n groep eenderse organismes in ’n sekere omgewing is. Die getalle in jou kolomgrafiek is ’n aanduiding van bevolkingsgrootte . Dit kan met verskillende metodes en formules bepaal word.
Die blyplek van ’n plant of dier word sy habitat genoem.
Die rol wat ’n organisme in sy omgewing speel, verwys na die “werk” wat hy doen en dit noem ons sy nis .
’n Gemeenskap is al die bevolkings wat in een area of gebied voorkom.
Die versameling en berging van blaarmateriaal soos wat jy gedoen het, vorm van ’n herbarium . Vra jou onderwyser om hierop uit te brei. Lees self ook meer op en vra jou onderwyser om ’n hoekie in die klas af te staan aan julle eksemplare.
Kom ons bevestig wat jy geleer het met ’n vinnige oefening.
A | B | |
1. Die gebied waar organismes voorkom. | A. bioties | |
2. Die getal organismes van ’n soort in ’n area. | B. herbarium | |
3. Plek waar gedroogte plantmateriaal gestoor word. | C. habitat | |
4. Lewendige deel van die omgewing. | D. bevolking | |
5. Al die bevolkings in ’n omgewing. | E. gemeenskap | |
6. Die rol van ’n organisme in sy omgewing. | F. ekologie | |
7. Die studie van organismes in hul omgewing. | G. nis |
Assessering van kolomvraag
Kon jy die vrae suksesvol beantwoord?
[LU 2.1]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Vrae
1. ’n Gedefinieerde gebied met al die lewende en nie-lewende faktore in die gebied (biotiese en abiotiese komponente).
2. lig, lug, water, grond, diere, plante
3.
3.1 abioties: alle nie-lewende dele bv. lug, water
3.2 bioties: alle lewende dele bv plante, diere
3.3 faktor: iets wat ’n invloed uitoefen, die aard van iets, bv. ’n omgewing bepaal
4.
a. ’n Ekosisteem is ’n bepaalde gebied met al die nie-lewende faktore wat die aard van die gebied bepaal asook die lewende organismes wat in die gebied aangetref word en wat met mekaar en ook met die nie-lewende faktore in interaksie is.
ABIOTIESE FAKTORE | BIOTIESE FAKTORE | |
Stadsomgewing Skets A |
|
Mense, voëltjies, rotte/muise, insekte, spinnekoppe, gras, bome |
Laeveldomgewing Skets B |
|
Doringbome, gras, leeus, bokke |
Plaasomgewing Skets C |
|
Plaasdiere, wilde diere, eende, perd, voëls, bokke, bome, gras, insekte, erdwurms |
Woestynomgewing Skets D |
|
Geitjies, slange, muise, toktokkies, grasspriete |
See-omgewing Skets E |
|
Slakke, seegras, vissies |
Tuinbesoek. Hoekom ’n onbewerkte deel? Die tuinier moet nie te veel inmeng nie
.Tabelle: leerlinge stel self lyste saam
Belangrikheid van plek, datum en tyd: abiotiese faktore verander voortdurend en daarom ook die organismes se gedrag of teenwoordigheid.
Kolomgrafiek: Die benutting van die X-as en Y-as is belangrik. Die faktor wat die gegewens beïnvloed of daaraan betekenis gee, kom op die x-as. Die uitwerking van die faktor kom op die Y-as. Sorg dat die leerders die X- en Y-as korrek benoem en dat hulle die belangrikheid daarvan deeglik verstaan: X-as: Plantsoorte; Y-as: getalle van elke plantsoort
Voltooi die volgende kolomvraag
A | B |
1. | C |
2. | D |
3. | B |
4. | A |
5. | E |
6. | G |
7. | F |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?