<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
SELF:
Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg die diagram op ‘n aparte vel in.
GROEP:
Verskaf ‘n indeling van die produksiefaktore wat op die mark vir produksiefaktore aangebied word en dui aan watter vergoeding aan elkeen van die produksiefaktore betaal sal word.
GROEP:
Verskaf ‘n indeling van die produkte wat op die mark vir verbruikersgoedere verhandel word. Gee ook toepaslike voorbeelde (2) in elke geval.
In die “geslote” ekonomie speel die STAAT ook ‘n belangrike rol, aangesien die staat ook ‘n verbruiker is (bv. staatshospitale wat kos en ander mediese middels op die mark vir verbruikersgoedere aankoop), en die staat is ook ‘n produsent (die hospitale verskaf byvoorbeeld mediese dienste aan verbruikers).
Voorts betaal die verbruikers belasting aan die staat en word uit hierdie “fondse” sekere dienste van nasionale belang gelewer, nl. onderwys en polisiedienste. So vloei die “belastinggeld” weer terug na die verbruikers, wanneer die staat betaal vir die gebruik van die dienste van die produksiefaktore, byvoorbeeld salarisse en so meer.
SELF:
Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus (wat die staat insluit) sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg die diagram op ‘n aparte vel in.
GROEP:
Verskaf ‘n indeling van die dienste wat deur die staat gelewer word en gee toepaslike voorbeelde van elk.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
AKTIWITEIT 1: Ekonomiese siklus
SELF:
Diagram van ekonomiese siklus.
AKTIWITEIT 2: Mark vir produksiefaktore
GROEP:
Indeling van produksiefaktore
|
Besitter van grond | Huurgeld |
2. Kapitaal | Lening van bank | Rente |
3. Arbeid | Werk as skrynwerker | Loon/salaries |
4.Ondernemerstalent | Eienaar/Bestuurder | Wins |
AKTIWITEIT 3: Mark vir verbruikersgoedere
GROEP:
Indeling van produkte op mark vir verbruikersgoedere
AKTIWITEIT 4: Ekonomiese siklus wat staat insluit
SELF:
Diagram van ekonomiese siklus, insluitend die Staat .
Mark virVERBRUIKERSGOEDERE | VERBRUIKERS | Mark virPRODUKSIEFAKTORE |
STAAT | ||
SAKEONDERNEMINGS |
AKTIWITEIT 5: Dienste deur staat gelewer
GROEP:
Indeling van dienste deur Staat gelewer
Versekering van veiligheid | SAPD, SANW, Korrektiewe Dienste. |
Versekering van maatskaplike welsyn | Hospitale, Pensioene, Skole, Lae-koste behuising. |
Regulering van verhoudings in sakewêreld | Wetgewing t.o.v. arbeid, besoedeling, ens. |
Finansiële ordenning d.m.v. Landbank, SARB, ens. | |
Navorsing d.m.v. WNNR, SABS, ens. | |
Voorsien ekonomiese infrastruktuur | Elektrisiteit, Paaie, Verkeersregulering, ens. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?