<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ons mense in Suid-Afrika se wonings verskil ook baie. Ek hoop jy het sommer baie verskillende huise langs die pad gesien. Mamma en Pappa soek 'n huis wat aan hulle behoeftes voldoen. Hulle sal graag wil hê dat julle huis naby aan 'n skool moet wees en hulle moet ook die huis kan bekostig.
Wat maak jou huis vir jou so spesiaal?
Hier is 'n voorbeeld van 'n Ndebele-huis . Hulle huise word altyd pragtig versier. Die Ndebele-stam is baie trots op hulle huise. Let op na al die verskillende patrone.
Teken nou 'n Ndebele-huis met patrone wat jyself ontwerp.
Begin aan die bokant van jou papier, anders smeer jy die vetkryt oor die res van jou papier.
Onthou om die kleure te herhaal.
Kleur elke blokkie mooi donker in.
Soos ons gereis het, het ons gesien dat daar sommer nog baie probleme in ons land is. Daar is verskeie oorsake of redes vir al die probleme. Kyk na die prente hieronder.
Ek weet nou presies waar ek woon. | ||
Dit was vir my lekker om in 'n ander taal te kan praat. | ||
Dit was vir my baie interessant om na die besoeker te luister. | ||
Al die verskillende huise is vir my baie mooi. | ||
Ek is bekommerd omdat daar so min huise vir al die mense in ons land is. |
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
LEWENSORIËNTERING LU 2 |
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel. |
KUNS EN KULTUURLU 2 |
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 ( dans ) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word. |
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.3 ( drama ) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?