<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die mens moet homself kan verplaas om sodoende homself beter geleenthede te gee.
Die voortbewegingsisteem van die mens is sy SKELET en GEWRIGTE, asook sy SPIERE wat in 'n hefboomsisteem werk. LIGAMENTE en TENDONS heg die spiere en is dus noodsaaklik in beweging.
SKELET
Struktuur | Funksie |
Asskelet : skedel, ruggraat en ribbekas | Beskerm sensitiewe organe; spieraanhegting |
Aanhangskelet : bene van skouer- en bekkengordel, asook ledemate | Spieraanhegting |
Ligamente | Heg bene aanmekaar |
Tendons | Heg spiere aan bene |
Gewrigte | Waar bene bymekaar kom en artikuleer |
Vrae: SPIERE EN SKELET
1. Wat gebeur wanneer jy jou enkel verstuit?
2. Waarom moet mens dadelik ys op 'n verstuite deel plaas?
3. Hoe weet jy of iemand 'n been gebreek het? Wat sal jy doen?
4. Wat is die verskil tussen 'n tendon en 'n ligament?
Al jou liggaamselle benodig suurstof en voedingstowwe. Ons het reeds na die rol van die asemhalingsisteem verwys. Ons gaan egter nou konsentreer op die BLOEDVATE en die HART, asook die BLOED .
Rooibloedliggaampies Witbloedliggaampies
Vrae: BLOEDSISTEEM
1. Wat is leukemie?
2. Waarom doen hulle beenmurgoorplantings op leukemie-pasiënte?
3. Wat is anemie en hoekom gee hulle vir mense met dié toestand meer ysterbyvoegings?
4. Die wande van slagare het spiere in – hoekom sal dit so wees?
5. Wat is koronêre hartsiekte? Watter rol speel cholesterol hierin?
6. Hoe verskil koronêre hartsiekte van 'n hartaanval?
7. Wat is:
a) beroerte?
b) trombose?
Assessering: INTERPRETASIE
Kon jy jou kennis toepas om sodoende ander probleme te verstaan?
[LU 2.3]
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
VRAE: SPIERE EN SKELET
1. tendon en ligamente verrek – weefselskade
2. weefselskade beperk
3. pyn; onnatuurlike vorm; beweging verlies – immobiliseer; dokter
4. ligament heg been aan been; tendon heg spier aan been
VRAE: BLOEDSISTEEM
1. bloedkanker – witbloedselle vernietig gewoonlik rbs
2. dit is waar bloedselle vervaardig word
3. bloedarmoede – yster deel van hemoglobienpigment
4. aandrywing en voortpols van bloed
5. hartslagare (koronêre arteries) verstop agv cholesterol aanpaksels
6. koronêre hartvatsiekte is die bloedvat-aantasting; hartaanval volg gewoonlik daarop agv suurstof tekort aan hartspierweefsel
7. a) bloedvaatjies op brein wat bars – breinweefselskade gewoonlik agv hoë bloeddruk
b) trombose: bloedklontvorming – aarverstoppng
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?