<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Betredingspeletjies ( Invasion games )
Hierdie speletjies kan buite plaasvind of, as dit reën, in die skoolsaal.
(Sommige van die speletjies is verwerk vanuit die boek: Crows and Cranes , University Publishers, 1987: Justus Potgieter en Jan Malan).
Al materiaal wat vir hierdie spel benodig word, is een kleurband per groep en ‘n fluitjie vir die opvoeder.
Verdeel die klas in groepe van vier tot ses leerders.
Die groepe word “ganse” genoem en hulle staan in ‘n ry agter mekaar. Die voorste “gans” staan hande op die heupe en die ander plaas elkeen hulle hande om die middel van die “gans” voor hom of haar.
Die agterste “gans” steek ‘n kleurband in die rek van sy/haar sportbroek of gordel.
Vir elke groep word ‘n “jakkals” gekies. Die “jakkals” staan aan die begin van die spel voor die ry “ganse”.
Wanneer die opvoeder ‘n fluitjie blaas, probeer die “jakkals” die ganse van die kleurband-stert beroof.
Die “jakkals” mag nie die “ganse” vashou nie en geen van die “ganse” mag hulle hande gebruik om die “jakkals” af te weer nie.
Wanneer die “jakkals” geslaag het om die “ganse” van hulle “stert” te beroof, moet die hele span gaan sit. Die groep wat vir die langste tyd die “jakkals” kan uitoorlê, is die wenners.
Materiaal vir die spel: ‘n krieket- of tennisbal vir elke
twee groepe. Verdeel die klas in groepe van vyf tot tien leerders. Daar moet ‘n gelyke getal groepe wees.
Twee groepe staan op ‘n afstand van 5 meter oorkant mekaar.
Elke groep probeer die bal tussen die bene van hulle opponerende span deur te rol of te gooi.
Een punt word toegeken aan die een groep, indien ‘n opponent uit die ander groep die bal probeer vang, maar dit laat val.
Een punt word verwerf elke keer as die groep daarin slaag om die bal tussen hulle teenstanders se bene deur te stuur.
Die span met die meeste punte aan die einde van die spel, is die wenners.
Materiaal : bordkryt of ‘n tou om die “huis” en “grot” af te baken.
Die opvoeder wys ‘n “ma bok” en ‘n “wolf” aan.
Die “ma bok” staan in haar huis.
Die “wolf” staan in sy “grot”.
Die “klein bokkies” hardloop en speel vrylik in die “woud” rond.
Wanneer die ma bok roep: "Kindertjies, kindertjies, kom huis toe", moet al die bokkies hardloop na die afgebakende “huis”.
Die “wolf” moet nou probeer om van die “bokkies” te vang.
Wanneer ‘n “bokkie” gevang is, moet sy/hy in die wolf se “grot” gaan sit.
Wanneer die bokkies veilig in die huis is, roep die ma bok: "Kindertjies, kindertjies, gaan speel in die bos". Al die oorblywende “bokkies” moet dan weer in die “bos” gaan speel.
Die wenner is die laaste oorblywende “bokkie”.
LEERUITKOMS 4: LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING
Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit is duidelik wanneer die leerder
4.1 aan ‘n verskeidenheid eenvoudige invalspeletjies deel neem.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?