<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AARDRYKSKUNDE
Graad 4
HULPBRONNE EN DIENSTE IN ‘N NEDERSETTING
Module 16
WAT WORD BEDOEL MET DIENSTE?
Dienste
Omdat daar so baie mense in ‘n dorp of stad woon, is dit noodsaaklik dat sekere dienste aan hulle gelewer moet word. As dit nie gebeur nie, kan daar chaos heers en die omgewing kan verwaarloos en vuil wees. Julle het in die vorige leereenheid gelees dat daar mense is wat hierdie dienste beplan. In hierdie leereenheid gaan julle meer van sekere dienste leer.
Aktiwiteit 1
Om te identifiseer watter dienste in die dorp/stad gelewer word [LU 2.1, 2.3]
Hier volg ’n lys van dienste wat in ’n stad of baie groot dorp beskikbaar moet wees. Merk dié dienste wat in julle dorp of stad gelewer word.
Bank | ||
Biblioteek | ||
Brandweer | ||
Handel | ||
Openbare parkering | ||
Openbare vervoer | ||
Opvoeding | ||
Parke en ontspanningsgebiede | ||
Polisie | ||
Posdienste | ||
Riolering | ||
Sekuriteitsdienste | ||
Sportterreine | ||
Stadspolisie | ||
Telekommunikasie | ||
Verkeersdienste | ||
Vullisverwydering | ||
Watervoorsiening |
Is daar dienste in hierdie lys waarsonder ’n groot stad kan klaarkom?
1. ................................................................................................................
2. ...............................................................................................................
3. ...............................................................................................................
Assessering
LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);
2.3 kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur [mense en omgewing].
Memorandum
Geleentheid tot kwalifikasie
Goedkoper (meer bekostigbaar)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?