<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Agtergrond
Mense gebruik verskillende tipes masjiene om beweging te veroorsaak. In die verlede het krag om hierdie toestelle aan te dryf gekom van mense en diere wat waentjies, ploeë en sleë moes sleep; dus is dit slegs met brute spierkrag aangedryf. Later het die mense geleer om natuurlike kragte soos wind en lopende water ook te benut. Vandag word die meeste masjiene deur elektrisiteit aangedryf. Masjiene het ‘n elektriese motor of masjien wat die krag verskaf sodat ‘n voorwerp kan beweeg.
Kom ons ondersoek die energiebron wat in vloeiende water opgesluit is. Die energie word in ‘n hidro-elektriese kragstasie ingespan om elektrisiteit op te wek.
ONDERSOEK 1
Benodigdhede:
LU/AS 1.3 | ||||
Maak ‘n bo-aansigskets met duidelike byskrifte van al die benodigdhede. Gebruik die korrekte verhouding, kleur en hoeveelhede.
Metode:
Wat is jul waarneming?
Die water spuit by die strooitjies uit en maak dat die bottel in die rondte tol. Dit word ‘ n turbine genoem.
ONDERSOEK 2
Kom ons ondersoek waar in ‘n plastiekbottel vol water die drukking die grootste is.
Benodigdhede:
Metode:
Wat is jul waarneming?
Die water spuit by die gaatjies uit. Die onderste stroom water spuit die verste.
LU/AS 1.3 | ||||
Maak ‘n skets met byskrifte om jou waarnemings te demonstreer. Gebruik gepaste kleur en skaduwee.
Waarom?
Lug druk op die water bo in die bottel. Die water bo druk op die water onder, daarom word die water wat onder in die bottel is met ‘n groter krag uitgedruk.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ondersoek : |
1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ‘n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste; |
1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer); |
Opdrag 1
Leerders kan die voorwerpe bring en dit kan in die middel van ‘n groep geplaas word waarna elkeen dit kan skets in die gegewe spasie. Kleur en byskrifte moet dit ook vergesel.
Die leerders kan die ondersoek in ‘n groep doen.
Die leerders kan die ondersoek ook in ‘n groep doen.
Opdrag 2
Dit is belangrik om korrek waar te kan neem en met behulp van ‘n skets die waarneming te kan demonstreer. Die agtergrond oor waterwiele kan m.b.v. sketse en aanvullende leermateriaal aan die leerders bekend gestel word
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?