Trek op ‘n skoon bladsy drie kolomme en skryf die volgende kleure bo-aan: kolom 1 -
GEEL , kolom 2 -
ROOI , kolom 3 -
BLOU .
Kyk nou om jou rond, in die klaskamer en ook na buite, en probeer soveel moontlik voorwerpe wat geel, rooi of blou is, neerskryf. Kyk byvoorbeeld na wat op Juffrou of Meneer se tafel is, die klere wat hulle dra, in jou potloodsakkie of tas, dit wat voor jou op die lessenaar lê, plakkate teen die muur, enigiets buite die klaskamer, in die lug, ensovoorts.
Die klas word nou in drie groepe verdeel – ‘n
geel groep, ‘n
rooi groep en ‘n
blou groep. Leerders van die
geel groep werk dan byvoorbeeld nét met daardie primêre kleur.
As jy byvoorbeeld aan die
geel groep behoort, moet julle nou
EEN lys van al die voorwerpe, ten minste twintig, met julle kleur
geel maak.
Trek vervolgens ‘n
kringetjie om elke voorwerp op julle lys wat ‘n
ligte geel, rooi of blou (‘n
tint ) is en dan weer ‘n
blokkie om elke voorwerp wat ‘n
donker geel, rooi of blou (‘n
skakering ) is.
Hierdie drie kleure, geel, rooi en blou, word
PRIMÊRE KLEURE genoem. Al die ander kleure is ‘n mengsel van hierdie drie kleure. Onthou: geel, rooi en blou kan
nie gemeng of geskep word
nie – hulle word gebruik om al die ander kleure mee te meng.
In die volgende aktiwiteit gaan ons leer om die drie primêre kleure ligter en donkerder te maak, maar eers moet elke groep die volgende vraelys voltooi:
Vraelys
Met watter primêre kleur werk julle groep?
………………………………………………………………………
Hoeveel ander primêre kleure is daar? Noem hulle.
………………………………………………………………………
Wat noem ons ‘n ligter variasie van julle kleur?
………………………………………………………………………
Beskryf hoe ‘n skakering van julle kleur gekry kan word.
………………………………………………………………………
Kyk na die tekening hieronder en beantwoord dan die vrae:
Waar kom die lig vandaan?
…………………………………………………………………………………
Aan watter kant van die gesig val die lig?
…………………………………………………………………………………
As die gesig net met blou geverf sou word, hoe sal jy aandui waar die lig val?
…………………………………………………………………………………
Hoe sal jy wys waar die skaduwees, weg van die lig, is?
…………………………………………………………………………………
Noem drie ander voorwerpe in die klas waarop daar lig en skaduwee val.
Julle gaan voort om in jul kleurgroepe te werk. Gebruik elkeen op julle eie ‘n skaal soos hieronder aangedui om die kleur van julle groep eers met wit en dan met swart te meng. ‘n Skaal van
tinte (kleur met wit gemeng) en
skakerings (kleur met swart gemeng) word dus geskep.
Die primêre kleur van jul groep word in die middelste blokkie geverf. In die vier blokkies na links word die primêre kleur elke keer met ‘n bietjie meer wit gemeng sodat die kleur al ligter word na links (
tinte ). In die blokkies na regs word die primêre kleur weer elke keer met meer swart gemeng sodat dit al donkerder na regs word (
skakerings ).
Voorbeeld van skaal
Geel met witte gemeng
Geel met swarte gemeng
Hierdie blokkie behoort amper wit te wees
Meng nog meer wit by
Meng meer wit by
Meng met ‘n bietjie wit by
Primêre GEEL
Meng met ‘n bietjie swart
Meng meer swart by
Meng nog ‘n bietjie swart by
Hierdie blokkie behoort amper swart te wees
Aktiwiteit 3 (groepwerk/individueel)
Om ‘n collage te skep [lu 3.7]
Neem ‘n ou tydskrif en skeur al die tinte (lig) en skakerings (donker) van die primêre kleur van jou groep (geel, rooi of blou) uit – soveel as moontlik!
Maak nou as groep ‘n tekening van ‘n eenvoudige landskap of natuurtoneel met byvoorbeeld ‘n boom, blomme, ‘n berg, die son, ensovoorts.
Gebruik die stukkies papier wat jy uit die tydskrif geskeur het en plak dit op julle tekening om ‘n landskap van gele, rooie of bloue te skep. Ons noem dit ‘n
collage .
Vervolgens moet elkeen op ‘n skoon bladsy ‘n skildery van julle collage-landskap net met geel, rooi of blou, asook wit en swart, verf. Mono beteken
een en chroom beteken
kleur . Dit word ‘n
monotoon-skildery genoem omdat daar net een kleur gebruik word. Onthou dat die ligte kleure/tinte altyd wys waar die ligbron, byvoorbeeld die son, is en dat die donkerder kleure/skakerings weer wys waar die skaduwees weg van die ligbron is.
Assessering
LEERUITKOMS 3:DEELNAME EN SAMEWERKING
Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.7 saamwerk met ander en beplan hoe om maskers, handwerk, artefakte, kostuums, plakskilderye (collages) of poppespelpoppe met natuurlike afval- of gevonde materiaal te maak en te gebruik – met inagneming van omgewingskwessies.