<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Wanneer die getalle 6 tot 9 verdubbel word, word daar elke keer 'n tien volgemaak.
Die leerders moet dit aantoon op die werkvel deur die tien te omkring.
Indien 'n sakrekenaar nie beskikbaar is nie, kan die opvoeder of selfs een van die leerders, na voltooiing van die werkvel, die antwoorde wat bereken moet word, op die bord skryf. Die leerders wat dit egter self kan bereken, moet toegelaat word om dit te doen.
Moedig die leerders aan om aan te hou, totdat hulle die regte "pad" kry. Hulle mag dalk 'n ekstra vel papier benodig om die getalle te skryf terwyl hulle na die regte pad soek.
Bonnie en Tommie het die kaart hierbo gebruik om in veelvoude van 2, 3, 4, 5 en 10 te tel. Gebruik dit ook en voltooi die werkvel.
2 | 4 | ____ | 18 | 2 | 4 | ____ | 18 | 2 |
8 | 12 | ____ | 40 | 8 | 12 | ____ | 40 | 8 |
45 | 40 | ____ | 5 | 45 | 40 | ____ | 5 | 45 |
30 | 27 | ____ | 6 | 30 | 27 | ____ | 6 | 30 |
Die veelvoude van 10: | 20 | 100 | 36 | 50 | 42 | 30 | 21 | 60 |
Die veelvoude van 4: | 40 | 21 | 36 | 18 | 24 | 16 | 20 | 6 |
Die veelvoude van 3: | 27 | 32 | 18 | 24 | 10 | 30 | 20 | 12 |
Die 4de veelvoud van 2 is _____. 20 is die ____de veelvoud van 2.
Die 3de veelvoud van 3 is _____. 2 1 is die ____de veelvoud van 3.
Die 2de veelvoud van 4 is _____. 28 is die ____de veelvoud van 4.
Die 6de veelvoud van 5 is _____. 40 is die ____de veelvoud van 10.
Hoeveel oë het 9 hasies? ________ oë
Hoeveel wiele het 7 driewiele? ________ wiele
Hoeveel vingers het 4 kinders? _______ vingers
Bonnie en Tommie verdien hulle sakgeld deur takies by die huis te doen. Hulle kry 10c vir elke takie wat hulle doen.
Nou moet ons hulle sakgeld tel.
Onthou: 10 tiensentstukke is R1 of 100c = R1
Sy het___________________ takies gedoen.
Hy het ___________________ takies gedoen.
Bonnie en Tommie het die patroon om in tiene te tel, ontdek.
10 | 20 | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | 110 | ___ |
50 | 60 | ___ | ___ | ___ | 100 | ___ | ___ | ___ | ___ | 150 | ___ |
80 | 90 | ___ | ___ | ___ | ___ | 140 | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ |
110 | 100 | ___ | 80 | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | 0 |
180 | ___ | 160 | ___ | 140 | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | ___ | 70 |
Gebruik jou eie metode om die probleme op te los.
Daar is vandag ______ kinders.
Daar is _______________________________.
9 + 4 = ( 9 + 1 ) + 3 = ____
8 + 6 = ( 8 + ____) + ____ = ____
7 + 5 = ( 7 + ____) + ____ = ____
6 + 6 = ( 6 + ____) + ____ = ____
4 + 8 = 8 + 4 = ( 8 + 2 ) + 2 = 12
5 + 9 = 9 + 5 = ( 9 + ____) +____ = ____
6 + 8 = 8 + 6 = ( 8 + ____) +____ = ____
3 + 9 = 9 + 3 = ( 9 + ____) +____ = ____
4 + 7 = 7 + 4 = ( 7 + ____) +____ = ____
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:
1.1.1 die intervalle aangedui vir graad 2 met toenemende getalomvang;
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent;
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 getallelyne;
1.10.4 afronding in tiene.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?