<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
KONTROLELYS VIR TAALAKTIWITEIT
Maak ‘n merkie () in die toepaslike kolomme.
Ek het onthou! | Ek het vergeet...? | |
Ek het elke sin met ‘n hoofletter begin. | ||
Ek het die dae van die week se name met hoofletters geskryf. | ||
Ek het die skole se name met hoofletters geskryf. | ||
Ek het die dorpe en stede se name met hoofletters geskryf. | ||
Ek het name en vanne met hoofletters geskryf. | ||
Ek het ‘n punt aan die einde van elke sin geplaas. | ||
Indien ‘n vraag gevra is, het ek ‘n vraagteken gebruik. | ||
[LU 6.1.3]
Jy en ‘n maat ruil nou julle werk met mekaar om. Hoe het jou maat gevaar?
Maak ‘n in die gepaste kolom.
Glad nie | Meer as twee | Meer as vier | Almal | |
Die sinne is met hoofletters begin. | ||||
Die name van dae, mense, dorpe en skole is met hoofletters geskryf. | ||||
Punte is aan einde van die sinne, behalwe (d), geplaas. | ||||
‘n Vraagteken is aan die einde van (d) geplaas. (Slegs eerste of laaste kolom). |
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.3 verstaan mondelinge beskrywings:
1.3.3 teken relevante inligting op (soos in ‘n tabel).
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);
3.3 lees vir inligtng:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
Hierdie modules behels ‘n verskeidenheid aktiwiteite en speletjies wat verband hou met sport. Daar word van leerders verwag om hulle woordeskat uit te brei om aan hierdie aktiwiteite en speletjies deel te neem.
Die samestelling van groepe is baie belangrik sodat daar in elke groep leerders met ‘n goeie kennis van sport is.
Leerders kan woorde in tweetalige woordeboeke naslaan en terselfdertyd woordeboekvaardighede aanleer.
Die opvoeder moet hulp verleen deur begrippe te verduidelik, indien nodig.
Die opvoeder moet vasstel of leerders reeds die hooftelwoorde ken en verstaan voordat hulle die rangtelwoorde leer.
2.
ding | held | hop | kras |
spring | veld | skop | gras |
manier | koei | nou | kol |
plesier / rivier | stoei | bou / hou | vol / rol |
3. Mark was eerste . Tembu was tweede . Ben was derde .
eerste | ||||||||||
tweede | derde | |||||||||
vierde | vyfde | |||||||||
sesde | sewende | |||||||||
agste | negende | |||||||||
tiende | elfde |
5.
(a) Ons netbalspan het verlede Woensdag ‘n wedstryd gespeel.
(b) Ons opponente was die Laerskool Goudland.
(c) Hulle skool is in Sonskyndorp geleë.
(d) Het julle gehoor hoe ver ons gewen het?
(e) Ek moet Tasneem Adams gelukwens.
(f) Sy het uitstekend gevaar en die eindtelling was 12-6 in Mooiheuwels se guns.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?