<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dis Guy Fawkes-dag. Sommige leerders in julle klas wil ‘n vuurwerkvertoning reël vir die aand. Ander voel weer dat daar te veel  gevare op die spel is. Een persoon voel veral sterk oor hoe dit die diere van die omgewing kan affekteer.

‘n Paar maats vorm al vir ‘n jaar ‘n “kliek”. Daar is ‘n nuwe leerder in julle klas en dit lyk asof die helfte van die “kliek-groep” die persoon wil deel maak van hulle “kliek”, maar die ander helfte sterk daarteen gekant is.

Daar is een speelpark in julle woonbuurt. Een Saterdagmiddag wil ‘n groep swart kinders daar sokker speel, maar ‘n groep wit kinders wil krieket speel op dieselfde plek en tyd.

Positiewe leerervaring in groepwerk

(Hierdie is ‘n pret-groepwerksessie. Indien moontlik moet ten minste twee aaneenlopende lesperiodes hiervoor gebruik word. Voorbereiding en beplanning vooraf is noodsaaklik).

Aktiwiteit 4

Om ‘n projek aan te pak [lu 3.5]

Projek Kyalami

Die klas word verdeel in ewe groot groepe. Dit is belangrik dat die groepe soortgelyk moet wees, bv. ewe veel seuns en meisies in elke groep. Probeer ook in elke groep groter en kleiner leerders plaas, asook sport/kultuur-georiënteerde leerders.

Die opdrag:

Bou ‘n renmotor (of eerder ‘n renwa) wat oor die volgende eienskappe beskik:

Dit moet ten minste een wiel hê.

Daar moet ‘n nommerplaat wees.

Dit moet genoeg sitplek vir een persoon hê.

Die wa moet deur ten minste twee persone gestoot of getrek word.

Geen regte enjins of petrolaangedrewe voertuie word toegelaat nie.

(Leerders mag voorwerpe en materiaal van die huis af bring, maar die ‘wa’ moet by die skool gebou word deur die span).

Verder:

Elke span moet ‘n “gelukbringer” hê.

Elke span moet ‘n slagspreuk of kreet hê.

Elke lid in die span moet ‘n aktiewe rol speel in die Kyalami-projek

Oorspronklikheid en kreatiwiteit is baie belangrik.

Die resies:

Al die waens en spanlede moet by ‘n wegspringpunt aantree.

Die onderwyser blaas ‘n fluitjie en almal spring gelyk weg.

Elke renwa moet ten minste 80 meter ver gestoot of getrek word tot by die wenstreep.

Toekenning van punte:

  • Die renwa wat eerste oor die wenstreep beweeg met sy passasier en “karperde” kry 10 punte, tweede 8 punte, derde 6 punte, ens,
  • Die oorspronklikste wa kry twee punte.
  • Die beste slagspreuk of kreet kry twee punte.
  • Die span met die beste spangees kry vier punte.
  • Die oulikste nommerplaat kry een punt.
  • Die oorspronklikste gelukbringer kry een punt.
  • Ander wenke:
  • Probeer ‘n lekker prys vir die wenspan uitdink, bv. ‘n halfuur vry van skool of ‘n blikkie koeldrank elk.
  • As die waens regtig oulik is, kan die plaaslike koerant kom foto’s neem.
  • Reël dat ander klasgroepe as toeskouers kom aanmoedig.
  • Vra die skoolhoof om die ‘afsitter’ te wees.

Die lesperiode n á die resies:

Vul as span die volgende in:

Ons span se beste eienskap .............................................................

Ons span se swakste eienskap .............................................................

Het een lid as spanleier opgetree? ............................................................

Het elke lid ‘n bydrae gelewer? ...........................................................

Was daar enige negatiewe gedrag

teenoor mekaar of ander spanne? ...........................................................

As ons weer so ‘n projek aanpak, sal

ons dieselfde doen? Indien nie, wat

sal ons anders doen? ...........................................................

Was dit ‘n aangename spanaktiwiteit? .........................................................

Assessering

LEERUITKOMS 3: PERSOONLIKE ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te bou ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • verduidelik hoekom ander persone se liggame gerespekteer moet word;
  • nadink oor ander se gevoelens en dit interpreteer;
  • die vermoë toon om nuttige response in konfliksituasies te kies en toe te pas;

3.5 besin oor en leer uit eie ervaring van groepwerk.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask