<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die gebied vanaf die Breërivier tot by Port Elizabeth kry ewe veel reën dwarsdeur die jaar. Dit wissel tussen 500 en 1 000mm per jaar. Die streek strek verder langs die kus op tot in die KwaZulu/Natal-streek, maar die meeste reën val hier in die somermaande, hoewel dit ook in die winter reën.
Die vogbelaaide winde vanaf die warm Mosambiek- en Agulhas-seestroom waai teen die platorand vas en word gedwing om op te styg.
Kondensasie vind plaas en wolke aan die seekant van die platorand veroorsaak die sogenaamde reliëfreën.
Baie digte, natuurlike woude kom in die suidooste voor (Knysna). Immergroen breëblaarbome soos geelhout-, stinkhout- en swarthoutbome kom hier voor. Slingerplante soos bobbejaantou en baie varings en mos groei in die digte skaduwees van die boomreuse. In die noordooste verander dit na subtropiese woude met palmbome en gemengde grasvelde.
Aktiwiteit 2:
Om ‘n grafiese voorstelling deur middel van ‘n kolomgrafiek te maak
[LU 1.4, 1.7]
Stel die meegaande reënval-inligting van Mosselbaai grafies d.m.v. ‘n kolom-grafiek voor.
Maande | Jan | Feb | Mrt | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sept | Okt | Nov | Des |
ReënvalIn mm | 72 | 85 | 90 | 65 | 60 | 50 | 55 | 68 | 80 | 90 | 95 | 80 |
Grafiese voorstelling van Mosselbaai se reënval
Mosselbaai : dwarsdeur die jaar
Die grootste gedeelte van ons land is droog. Konveksiereën in die vorm van verspreide donderstorms kom wel voor. Omdat dit so droog is, is daar min plantegroei, gevolglik neem erosie ernstige afmetings aan in hierdie gebiede.
In die halfdroë streke soos die Karoo bestaan die plantegroei uit lae, vaal karoobossies soos ghwarrie- en renosterbos en geharde grassoorte. In die droër dele langs die weskus kom yl verspreide vetplante voor. Die vetplante het dik, vlesige blare waarin water geberg word. Party soorte kan vir jare sonder water oorleef.
Aktiwiteit 3:
Om ‘n opsomming van verworwe kennis te maak
[LU 1.1, 1.3]
Voltooi die volgende tabel sodat jy ‘n opsomming kan hê van die heel belangrikste feite wat jy tot nou toe geleer het. Beantwoord die vrae wat volg.
Gebied waar dit reën | Tipe reënval | Hoeveelheid reënval | Tipe plantegroei | |
Winter | ||||
Somer | ||||
Dwarsdeur die jaar | ||||
Droog |
Gebruik die meegaande reënvalkaart en jou atlas en bepaal dan watter van die volgende dorpe/stede die meeste reën kry:
Durban of Bloemfontein
Port Nolloth of Port Elizabeth
Kaapstad of De Aar
Mosselbaai of Pretoria
Lees die volgende stelling deur:
Die reënbringende suidoostewinde waai oor die warm Indiese Oseaan en neem waterdamp op. Die hoë platorand dwing hierdie lug om op te styg, af te koel en te kondenseer. Reliëfreën sak uit aan hierdie reënkant van die platorand voordat die lug nog die binneland bereik het. Die lug verloor dus reeds die meeste van sy waterdamp en reën kan nie meer so maklik ontwikkel aan die reënskadukant van die platorand nie. Hoe verder weswaarts die winde waai, hoe minder waterdamp is teenwoordig en hoe skraler is die moontlikheid op reën.
Durban 1 065 mm per jaar
Ficksburg 680 mm per jaar
Kimberley 402 mm per jaar
Pofadder 142 mm per jaar
Port Nolloth 50 mm per jaar
Watter afleiding kan jy van hierdie gegewens maak?
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
inligting kategoriseer;
sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];
deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].
AKTIWITEIT 1
Durban
Port Elizabeth
Kaapstad
Mosselbaai
Droër na weste
S
W
Ja
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?