<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1
Om tussen fiksheidspeil en bewegingsvermoë as aanduiders van liggaamlike vermoë te onderskei
[LU 4.2, 4.3]
Fiksheidsvermoë het te make met uithouvermoë, krag en soepelheid. Jy gaan in die volgende aktiwiteit die geleentheid kry om bepaalde oefeninge te doen en na aanleiding daarvan ’n aanduiding van jou fiksheidspeil te kry. Jy sal ook die geleentheid kry om ’n program te ontwikkel om jou fiksheidspeil te verbeter. Daarna sal jy die program kan toepas en uiteindelik die sukses daarvan bepaal.
Bewegingsvermoë dui op die vermoë om jou liggaam te kan gebruik om iets te doen. Dit behels byvoorbeeld dat jy in ’n rigting kan beweeg, van rigting kan verander, in die rondte kan draai, op en af kan beweeg en terselfdertyd selfs jou arms en bene kan gebruik om iets te doen soos ’n bal gooi, vang of skop, sonder dat jy jou balans verloor.
Dink byvoorbeeld aan speletjies wat julle in die laerskool tydens pouses gespeel het, of atletiek en ander sportsoorte: tydens hierdie aktiwiteite stel jy eise aan jou liggaam ten opsigte van bewegingsvermoë.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 4 |
Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
4.2 eie bewegingsvermoë, insluitend rotasie, balans en evaluasie verfyn en dit saam met dié van die portuurgroep evalueer; |
4.3 eie fiksheid beoordeel en persoonlike doelstellings vir die verbetering daarvan stel; |
4.4 ‘n wedstrydplan vir ‘n individuele of spansport krities evalueer en uitvoer; |
4.5 verslag doen en ‘n bespreking voer oor sportetiek. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?