<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Assessering van NASLAANWERK
Kon jy uitvind wie Isaac Newton is en besef jy wat sy bydrae tot die wetenskap was?
[LU 1.1; LU 1.3; LU 3.1]
Die aarde trek alle voorwerpe wat naby hom is, aan.
’n Voorwerp met ’n massa van 100 g het ’n gewig van 1 N.
Vrae:
1. EEN kilogram het die gewig van .........................N.
2. Dit maak nie saak waar jy in die ruimte gaan nie – jou massa sal dieselfde bly, maar jou gewig sal wissel. Verklaar. (S ien module oor ruimteprogramme.)
3. Wat is jou massa? ..................................................
4. Wat is jou gewig? ..................................................
5. Wat sal jou gewig op die maan wees waar die aantrekkingskrag 0,6 N is?
6. Beide KRAG en GEWIG word in NEWTON gemeet. Verklaar.
7. Jy kan die effek van die aantrekkingskrag op ’n voorwerp sien as jy dit met ’n elastiese band oplig. Dit is die beginsel waarvolgens die TREKSKAAL werk.
8. Beskryf die verskil tussen ’n trekskaal en ’n weegskaal.
[LU 2.1; LU 2.3; LU 2.4]
Voltooi die volgende tabel deur die gewig van die aangeduide voorwerpe met ’n gekalibreerde trekskaal te meet.
Voorwerp |
Gewig | Krag benodig om dit oor die vloer te trek | ||||
1 | 2 | 3 | 1 | 2 | 3 |
Assessering van die vermoë om gewig/krag met ’n trekskaal te meet.
[LU 1.2]
1. Wat is binne-in die trekskaal wat meting moontlik maak?
2. Waarom verskil die twee lesings?
3. Wat beteken “gekalibreer”?
4. Wat sou die gewig van ’n 2,5 kg-sakkie suiker wees?
5. Wat is die doel van die zero-aanpasser op die trekskaal?
6. Identifiseer die kragte teenwoordig.
7. Onderskei tussen gewig en massa.
GEWIG
MASSA
Assessering van VRAE oor die meet van krag/gewig
Kon jy jou KENNIS toepas?
[LU 2.4]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?