<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Elektroniese bankgeriewe
Die eienaars van sakeondernemings is besige mense en wil nie te veel tyd aan banksake wy nie. Banke bied elektroniese oplossings wat baie tydbesparend is.
Almal kan egter toegang hê tot elektroniese bankgeriewe. Op elke dorp het die verskillende banke elektroniese geriewe wat tot al hul kliënte se beskikking is.
Selfs by groot motorhawens is daar outomatiese banktellers, die AutoBank waar mense hul banksake kan doen te enige tyd hul banksake kan doen sonder om binne die bank in ‘n tou te staan. Die volgende transaksies kan by ‘n outobank gedoen word:
2. Aanlyn-bankdienste
Hierdie diens maak dit moontlik om banktake vanuit die gerief van ‘n mens se huis of kantoor te doen.
Hierdie stelsel maak dit moontlik om toegang te verkry tot die bank se selfoon bankdiens via die Internet deur die gebruik van jou selfoon. Die volgende transaksies kan uitgevoer word:
3. Telefoon-bankdienste
Jou telefoon verleen toegang tot jou bankrekening 24 uur per dag, sewe dae van die week. Jy kan jou banksake van die huis of kantoor doen, uit jou motor, en selfs op die strand.
Sodra jy geregistreer het vir telefoniese bankgeriewe, kan jy:
4. Internet-bankdienste
Hierdie fasiliteit verleen toegang tot jou persoonlike en besigheidsrekenings aanlyn, te enige tyd vanaf enige plek. Hierdie diens is sewe dae per week, 24 uur dag beskikbaar. Hierdie stelsel gee aan jou die vryheid om jou bank-ure self te kies, wat groter beheer oor jou finansies meebring. Dit is veilig en maklik om te gebruik.
[LU 3.4]
Dui met ‘n regmerk of kruisie in elke kolom die diens wat verskaf word, aan.
InternetBankdiens | TelefoonBankdiens | SelfoonBankdiens | |
Verskaf ‘n opgedateerde rekeningbalans | |||
Verskaf ‘n mini-rekeningstaat | |||
Verskaf ‘n voorlopige rekeningstaat | |||
Rekenings kan betaal word | |||
Betaal fondse oor na ander rekenings by daardie bank | |||
Vermeerder of verminder oortrokke bankfasiliteit | |||
Kanselleer betalings en debietorders |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
3.3 die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming bespreek; |
3.4 die gebruik van tegnologie in telekommunikasiedienste (bv. selfone) en finansiële transaksies (bv. OTM, internet) in die verbetering van administrasie, kommunikasie en toegang tot inligting bespreek. |
Elektroniese Bankgeriewe
Aktiwiteit 1
InternetBankdiens | TelefoonBankdiens | SelfoonBankdiens | |
Verskaf ‘n opgedateerde rekeningbalans | | | |
Verskaf ‘n mini-rekeningstaat | | ||
Verskaf ‘n voorlopige rekeningstaat | | | |
Rekenings kan betaal word | | | |
Betaal fondse oor na ander rekenings by daardie bank | | | |
Vermeerder of verminder oortrokke bankfasiliteit | | | |
Kanselleer betalings en debietorders | | |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?