<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Waps-kinders moes gaan bessies pluk en neute optel. Die mammas maak bessiesap en okkerneutkoekies. Die pappas pak tafels uit en versier dit met takkies, blare en gekleurde bessies. Van die Wapse versier die paadjies met wit rivierklippies wat in die donker sal blink. Almal het ‘n werkie. En almal is opgewonde!

Uiteindelik is dit aand! En wat ‘n pragtige aand is dit nie. Oral in die bos maak die vuurvliegies lig. Oral sien jy Wapse uit hulle boomhuise kom met hulle beste klere aan. Die mammas dra sulke lang gekleurde rokke (almal rooi, oranje, geel of bruin, want dit is die kleure van herfs) en die pappas dra netjiese baadjies en blink skoene. Die Waps-kinders se hare is netjies gekam en hulle gesiggies blink geskrop by die rivier. Selfs Vollie dra vanaand ‘n strik om sy nek, en Makkie dra een om sy lang stert. (Willie moes hom help om dit vas te bind, want hy kan nie daar agter bykom nie. Die strik het afgeval toe Makkie haastig uit die boom klouter, maar gelukkig het Bienkie dit opgetel en nou lyk Makkie weer al te spoggerig.)

Al die Wapse is vrolik! Hulle sing en dans en vertel stories wat hulle lank, lank gelede by hulle oupas en oumas gehoor het. Die mooiste storie van die aand is een wat Grootoog vertel. ‘n Storie van die tyd toe die Wapse nog in grotte gewoon het, en niemand nog geweet het van boomhuise bou en trapleertjies opsit nie. Toe die Wapse nog in die aande vuur gemaak het om die wilde diere weg te hou en dae lank moes stap om kos te kry. Van die tyd toe daar nie moltreine en supermarkte was nie. Stories van jare gelede, toe hulle oupas se oupas nog kinders was.

Die Wapse gaan eers huis toe toe die son sy eerste geel strale in die bos kom gooi. Pappas dra kinders op hulle skouers huis toe, want almal is pootuit na die wonderlike aand. Nou is daar weer stilte in die bos. Dis Herfs!

  • Hierdie voëltjie is nuut in die bos. Hy weet glad nie hoekom almal so skarrel nie! Bou ‘n sin met die woorde in die sak wat dit vir hom sal verduidelik.
LU 5.3
  • Knip en plak
Makkie strik bome tafel
Bessies Mamma Pappa dans
Willie bos blare fees

LU 3.4 LU 4.3
LU 4.1
  • Kyk of jy die boodskap kan lees wat die Wapse op hulle liggies geskryf het. Kleur die liggies in soos wat jy lees.
LU 3.4
  • Teken ‘n prent van hoe die Wapse lank, lank gelede geleef het. Vertel die klas van jou prent.
LU 4.2
LU 4.1
LU 4.1
T T telefoon toffie
traan tennis tak
tas tafel tent
U U bUs hUt
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf;

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfaktiwiteite doen;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder vir verskillende doeleindes skryf;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask