Om op te warm en die liggaam voor te berei voordat die aktiwiteit uitgevoer kan word [lu 1.1]
Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.
Voor jy enige van die aktiwiteite probeer, moet jy eers jou liggaam opwarm. Die opwarming verminder die risiko van seerkry en sal dit makliker maak om die danse te doen.
Asemhaling en spinale opwarming
Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
Strek jou ruggraat.
Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat sak jou arms geleidelik.
Herhaal asemhalingsoefening.
Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – arms af langs jou sye.
Rol jou ruggraat af vir agt tellings – begin met die kop, skouers, borskas, heupe, totdat die liggaam dubbeld gevou is.
Rol die ruggraat terug vir agt tellings – begin met die laerug, borskas, skouers, kop totdat die rug weer reguit is.
Herhaal vier keer.
Staan regop – voete heupwydte van mekaar af – rol albei skouers terug – vier keer.
Rol altwee skouers vorentoe – vier keer.
Lig albei arms reguit op na die kante – skouerhoogte – buig die hande.
Hou arms reguit en druk na die kante – skuif die bolyf na regs – hou heupe en voete stil.
Druk na links.
Herhaal agt keer.
Plaas jou hande op die heupe – hou bolyf stil – draai heupe met sirkelbewegings - hou bene stil en voete op die vloer.
Herhaal agt keer.
Hou die hande op die heupe en loop op die plek vir agt tellings.
Lig die regterknie vier keer.
Lig die linkerknie vier keer.
Lig die regterknie twee keer.
Lig die linkerknie twee keer.
Lig die knieë afwisselend agt keer.
Die Plié (uitgespreek: plee-ay)
Maak bene oop.
Buig en maak die knieë reguit – hou liggaam regop – boude in lyn met jou rug.
Herhaal agt keer.
Bring jou voete bymekaar – voete wys na buite –
hakke teen mekaar.
Buig en maak knieë reguit.
Herhaal agt keer.
Voetopwarming
Staan regop – hande op heupe.
Punt en buig jou regtervoet agt keer.
Punt en buig jou linkervoet agt keer.
Assessering
LEERUITKOMS1:SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
by die voorbereiding van die liggaam, met die leiding van die opvoeder opwarmings- en vaardigheidsontwikkelingsbewegings kan uitvoer, met die klem op die veilige gebruik van die liggaam, byvoorbeeld:
by buigings die knieë in lyn bokant die tone;
artikulering van die voete (toon-hakskeen-buiging) en kniebuiging by landing na ‘n sprong;