<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Produktiwiteit kan beskryf word as die hoeveelheid goedere en dienste wat per werker, per uur geproduseer word. Anders gestel beteken dit die verhouding tussen reële produksie en die aantal insette wat vir die vervaardiging gebruik word , byvoorbeeld as die uitset (aantal eenhede geproduseer) met 10% styg, terwyl die inset (werkure) dieselfde bly, dan het die produktiwiteit van arbeid toegeneem.
Daar is 'n belangrike verband tussen produktiwiteit en ekonomiese groei, in die sin dat 'n verbetering in produktiwiteit altyd 'n voorvereiste vir ekonomiese groei is.
Ten einde produktiwiteit en die invloed wat dit op ekonomiese groei het beter te verstaan, is dit van belang dat daar tussen die volgende twee begrippe onderskei word;
1. EKSTENSIEWE EKONOMIESE GROEI: Dit is 'n uitbreiding in die totale produksie van goedere en dienste ongeag of daar 'n toename in die produksie per persoon was. Hiervolgens is dit moontlik dat ekstensiewe groei ondervind kan word selfs al was daar geen toename in die produksie per persoon nie.
2. INTENSIEWE EKONOMIESE GROEI is 'n toename in die produksie per persoon (of per capita). Wanneer intensiewe ekonomiese groei ondervind word, neem totale produksie vinniger toe as die toename in die bevolking. Per capita produksie (of inkome) is dus 'n aanduider vir ekonomiese groei.
Indien 'n gemeenskap se produksie van goedere en dienste vinniger uitbrei as die groei in die bevolking, sal reële per capita inkome styg. Dit beteken in die algemeen dat die ekonomiese welvaart van die bevolking sal toeneem, wat intensiewe ekonomiese groei reflekteer.
D.w.s.: groei in produksie grotes toename in bevolking, lei tot:
Omgekeerd sal reële per capita inkome daal, indien die toename in die bevolking groter is as die groei in produksie. Ekonomiese agteruitgang, wat die teenoorgestelde van intensiewe groei is, sal gevolglik ontstaan.
D.w.s.: groei in produksie kleiner as toename in bevolking, lei tot
Verhoogde produktiwiteit lei daartoe dat 'n land se produkte meer mededingend word op internasionale markte, wat tot groter uitvoere aanleiding kan gee. Die rede is dat verhoogde produktiwiteit loonverhogings sal absorbeer, wat dit vir sakeondernemings moontlik maak om die pryse van hul produkte stabiel te hou.
Groep:
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik as die leerder: |
2.1 kan bespreek hoe die nasionale begroting en streek- asook internasionale ooreenkomste gebruik word om volhoubare groei en ontwikkeling te fasiliteer; |
2.2 die suksesse en tekortkominge van die HOP kan ondersoek en dabateer; |
2.3 die rol van besparings en beleggings in ekonomiese vooruitgang en groei kan verduidelik; |
2.4 produktiwiteit en die uitwerking daarvan op ekonomiese vooruitgang, groei en wêreld- mededinging kan bespreek. |
AKTIWITEIT 1: PRODUKTIWITEIT VAN ARBEID
GROEP:
AKTIWITEIT 2: ARBEIDSPRODUKTIWITEIT IN SUID-AFRIKA
GROEP:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?