<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
2. Vergelyk nou jul antwoorde met dié van ‘n groep wat dieselfde probleem moes oplos.
3. Verduidelik jul oplossing aan die res van die klas.
4. Hou ‘n klasbespreking oor die verskille / ooreenkomste in jul metodes.
1. Ons het so pas ‘n paar probleme opgelos en lekker gesels oor die verskillende maniere wat gebruik is om die antwoorde te bepaal. Werk nou saam met ‘n maat. Lees die volgende probleem en werk dan deur die oplossings. Maak seker dat jul goed verstaan presies hoe die antwoord bereken is.
’n Restaurant gebruik 9,786 liter melk tydens ontbyt en 5,463 liter vir aandete. Hoeveel minder liter melk word vir aandete gebruik?
1.1 Ek moet 9,786 – 5,463 bereken
Ek trek eers die heelgetalle af: 9 – 5 = 4
Dan trek ek die duisendstes af: − =
Ek trek nou die honderdstes af: − =
Laastens trek ek die tiendes af: − =
Nou tel ek die antwoorde bymekaar: 4 + + + = 4.323
Die verskil is dus 4,323 liter.
1.2 Ek doen dit presies net soos gewone aftrekking, maar ek skryf net die kommas presies onder mekaar:
9,786
− 5,463
4,323
Die restaurant gebruik 4,323 liter melk minder.
2. Wie se metode verkies jy?
Hoekom?
1. Gebruik nou enige metode en bereken die volgende sonder ’n sakrekenaar:
1.1: 6,42 - 2 98
1.2: 7,23 - 4,57
1.3: 8,123 - 3,545
1.4: 9,236 - 3,457
2. Kontroleer jou antwoorde met ’n sakrekenaar.
Kopkrapper!
Bereken 5 – 1,426
Uitdaging!
Hierdie taak kan jy in jou portefeulje plaas. Lees net eers die kriteria vir assessering goed deur voordat jy begin. Vra jou opvoeder vir die nodige papier.
1. Soek voorbeelde van desimale breuke in jou plaaslike koerant / tydskrif. Knip dit netjies uit en plak dit op ‘n vel papier.
1. Skryf die desimale breuke as gewone breuke langs- of onderaan.
2. Bereken nou die verskil tussen die grootste en die kleinste desimale breuk.
3. Bereken die som van die twee grootste desimale breuke.
4. Maak ‘n lys van voorwerpe waarvoor jy nie desimale breuke sal gebruik nie. Maak ‘n netjiese skets van dié voorwerpe.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 die volgende getalle herken en voorstel, sodat dit beskryf en vergelyk kan word: |
1.3.3 desimale breuke in terme van 0,5; 1,5; 2,5, ensovoorts, in konteks van meting; |
1.5 ekwivalente vorms van die bogenoemde getalle herken en gebruik, insluitend: |
|
1.6 probleme in kontekste oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder, soos:
|
1.8 deur geskikte bewerkings skat en bereken vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en gebruik:
|
1.9 hoofberekenings uitvoer wat die volgende behels:1.9.1 optelling en aftrekking;1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 x 10; |
1.10 ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:1.10.2 opbou en afbreek van getalle;1.10.5 gebruik van ‘n sakrekenaar; |
1.11 ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel. |
LU 2 |
Patrone, funksies en algebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.6 bepaal, deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word: |
2.6.3 met getalsinne. |
AKTIWITEIT 2
3. Eintlik presies dieselfde.
AKTIWITEIT 3
1. 1.1: 157,727
1.2: 44,519
1.3: 142,498
1.4: 290,126
2. 4,5 m
KOPKRAPPER
0,8: 2,4: 1,9
0,7: 0,3: 2,5: 2,1
0,2: 0,9: 2,7;
AKTIWITEIT 6
1. 1.1: 3,44
1.2: 2,66
1.3: 4,578
1.4: 5,779
KOPKRAPPER
3,574
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?