<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
b) Drie van die vernaamste probleme waarmee die owerhede te kampe het, word in beriggies een tot drie beklemtoon. Beskryf elk van die probleme in ‘n sin of twee.
c) In Berig 4 lees ons van die ooreenkoms tussen die munisipale owerheid van die Stad Kaapstad en die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap. Hierdie twee owerhede het die probleem verstaan en die oplossing daarvan saam-saam aangepak. Sê in jou eie woorde wat hulle (1) as die probleem geïdentifiseer het en (2) hoe hulle dit wil oplos. (3) Gee jou eie mening oor hierdie benadering tot die probleem. Is dit ‘n goeie of ‘n swak plan? Hoekom?
d) Wat is die grondoorsaak vir grootskaalse permanente verhuising van mense van die Oos- na die Wes-Kaap?
2.2 Nou wat van die Oos-Kaap? Het die verlies aan ‘n groot deel van die bevolking dan nie ‘n invloed op die Oos-Kaap nie?
Baie aandag is al gegee aan die gevolge van die toestroming van nuwe intrekkers na die Wes-Kaap. So pas het julle ‘n taak gedoen oor die oorsake vir, en die oplossing van die probleem. En die hantering van die uitdaging, het julle gesien, lê nie net in die Wes-Kaap nie! Wat is die sleutelwoord vir die oplossing? (s.....................................)
Nou gaan ons ‘n bietjie kyk na die invloed wat die vertrek van so baie mense het op die gebied wat deur hulle verlaat is.
Dinkskrum
b) Kerke:
c) Kleinhandel:
d) Werkverskaffing:
e) Munisipale dienslewering:
2.3 Migrasie op so ‘n groot skaal soos wat die Oos-Kaap dit ondervind, kan ‘n langtermyn invloed op die bevolkingstruktuur van ‘n gebied hê.
Die Oos-Kaap het tans ‘n jong bevolking. Teken ‘n bevolkings-piramide wat dit aantoon.
Oor 50 tot 100 jaar gaan die situasie heeltemal anders wees. Teken die piramide wat die bevolking sal weerspieël
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne]; |
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord]; |
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. |
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk]; |
3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en –verandering bydra [faktore wat die vraagstuk affekteer]; |
3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en –verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat die vraagstuk affekteer]; |
3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en –verandering in ‘n spesifieke konteks te reageer [maak keuses]. |
Aktiwiteit 2:
a) die rondbeweeg van mense
b) mense wat die land verlaat
c) mense wat die land binnekom
Aktiwiteit 3:
Waar wil die mense woon?
(a) | fabrieke bied baie werkgeleenthede | V |
(b) | gebrek aan hospitale | O |
(c) | genoeg goeie skole en kort afstande daarheen | V |
(d) | gewoonlik hoër salarisse en lone | V |
(e) | groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar | V |
(f) | groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar | V |
(g) | kan makliker van werk verander | V |
(h) | kinders meestal ver van skole af | O |
(i) | meganisasie lei tot minder werkgeleenthede | O |
(j) | moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom | O |
(k) | ruim verskeidenheid openbare vervoer | V |
(l) | te lae lone in sommige gevalle | O |
(m) | te stil vir mense wat baie van geselskap hou | O |
(n) | voldoende gesondheidsdienste en hospitale | V |
(o) | werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk | O |
Aktiwiteit 4:
a) MENSE SOEK NA ‘n BETER LEWE
of
MENSE WIL WEGKOM VAN HUL ARMOEDE
b) (1) Op die oomblik is daar hopeloos te veel leerders vir die skole.
Die WKOD kan nie voorbly met die bou van skole nie.
(3) Mense bou huise op plekke wat nie daarvoor geskik is nie.
In die winter is die lewenstoestande van mense in plakkerskampe (informele behuising) haglik.
c) (1) Armoede/swak lewensomstandighede weens ‘n gebrek aan werkgeleenthede is die hoofoorsaak.
(2) Die verbetering van die lewensomstandighede van die mense van die Oos-Kaap is hul hoofdoel. Dit sal bereik word onder meer met werkskepping en maniere om mense selfonderhoudend te maak.
(3) Die meeste leerders sal dalk insien dat dit ‘n goeie plan is. Wat hulle ook moet/sal besef, is dat die planne volhoubaar moet wees.
d) ARMOEDE
Aktiwiteit 5:
a) Skole loop dalk leeg, of as skole oorbenut was, raak omstandighede beter.
b) Lidmate gaan weg en kerke sukkel om hul verpligtinge na te kom.
c) Kopers raak minder en minder, winkeliers kry gevolglik swaar.
d) Omdat daar minder werksoekers is, sal die oorblywende mense dalk minder sukkel om
‘n werkie te kry, maar die toestand kan ook ontstaan dat die werkers later te min raak.
e) Sal eintlik verbeter, want dienslewering is maar swak, en minder druk sal daarop geplaas word.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?