<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Die ekonomiese siklus

Module 7

Die nasionale begroting

  • Die nasionale begroting is ‘n dokument wat jaarliks deur die Minister van Finansies opgestel word waarin ‘n vooruitskatting van die owerheid se verwagte inkomste en uitgawes vir die komende jaar opgeteken is. Die nasionale begroting word beskou as die beplande raamwerk waarbinne die staat moet handel, en daarom dien dit hoofsaaklik die volgende twee doelstellings:
  • aankondiging van verwagte owerheidsbesteding en belastinginkomste; en
  • aanduiding van die staat se strategie om die ekonomie op ‘n bepaalde koers te hou.

In die beplanning van die nasionale begroting is die eerste belangrike stap dat die verskillende staatsdepartemente hul eie begrotings moet saamstel waarin ‘n aanduiding van hul behoeftes/uitgawes gegee moet word. Wanneer al die departemente hul beplande uitgawes voorsien het, word dit verwerk om ‘n geheelbeeld van al die uitgawes te verkry.

  • OWERHEIDSBESTEDING kan onderskei word in die volgende vier groepe funksies wat die staat verrig en waarvoor fondse benodig word (ook genoem die FUNKSIONELE INDELING):
  • ALGEMENE OF KOLLEKTIEWE DIENSTE is dienste soos verdediging, handhawing van wet en orde en algemene landsadministrasie.
  • GEMEENSKAPSDIENSTE is dienste wat gelewer word waar ‘n groot aantal mense saamwoon (byvoorbeeld dienste soos padbou, sanitasie, vullisverwydering, ens.)
  • MAATSKAPLIKE OF SOSIALE DIENSTE soos gesondheidsorg, onderwys, behuising, ens. wat hoofsaaklik uit belastings gedek word.
  • EKONOMIESE DIENSTE soos uitgawes aan direkte produksie en navorsing.

Hierna word beplan om die nodige fondse te vind om die uitgawes te dek. Hierdie fondse word hoofsaaklik gevind uit die heffing van BELASTING, waaronder DIREKTE BELASTING (byvoorbeeld persoonlike inkomstebelasting wat gehef word op die inkomste van indiwidue), asook INDIREKTE BELASTING (byvoorbeeld doeane- en aksynsbelasting, belasting op toegevoegde waarde of BTW, ens.)

  • Hieronder word ‘n beknopte opsomming van die jaarlikse begroting vir die belastingjaar 1999 - 2000 gegee:
JAARLIKSE BEGROTING(1999 – 2000) BEDRAG TOEGEKEN(B MILJOEN) PERSENTASIE VANTOTALE BESTEDING(%)
Totale inkomste: 190,3
Totale besteding:
Vervoer en Kommunikasie 8,2 3,7
Rente (op lenings) 48,5 22,1
Salarisse (staatsdienspersoneel) 86,5 51,0
Onderwys 48,5 22,1
Gesondheid 24,0 10,9
Gemeenskapsveiligheid en Welsynsdienste 19,8 9,0
Behuising en Gemeenskapsontwikkeling 9,6 4,5
Polisie 15,3 7,0
Verdediging 35,5 5,5
Gevangenisdienste (Korrektiewe Dienste) 5,4 2,7
Justisie (regspleging) 2,8 1,3
Landbou, Bosbou en Visserye 3,6 1,6
Tekort 25,1

Aktiwiteit 1:

Nasionale begroting

[lu 1.5]

SELF:

Verwys na die tabel en beantwoord die volgende vrae:

  1. Aan watter uitgawe beoog die staat om die meeste te spandeer?
  1. Waaraan word meer spandeer: aan Verdediging of aan Onderwys?

Aktiwiteit 2:

Nasionale begroting

[lu 1.5]

SELF:

Die laaste kolom toon die persentasie van die totale besteding vir elke departement. Gebruik die inligting om ‘n kolomgrafiek te trek sodat aangedui kan word hoeveel op elk van die kategorieë bestee word. Voeg ‘n aparte vel in.

Aktiwiteit 3:

Rangorde van besteding

[lu 1.5]

SELF:

Verwys na die grafiek en skryf in orde van die hoogste na die laagste besteding neer hoedat die uitgawes (in orde van belangrikheid) geprioritiseer word.

Aktiwiteit 4:

Beoordeling van rangorde

[lu 1.5]

GROEP:

Stem die groep saam met die prioriteitslys soos in die tabel hierbo aangedui?

Besluit hoedat jou groep die beskikbare fondse volgens jul eie prioriteitslys sal bestee en herontwerp dan die kolomgrafiek volgens jul indeling.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik;
  • die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek;
  • met behulp van ‘n grafiek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek;
  • die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer:
  • die Suid-Afrikaanse ekonomie;
  • politieke, ekonomiese en sosiale transformasie;
  • arbeidsaangeleenthede;
  • die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Nasionale begroting

SELF:

Antwoorde m.b.t. die tabel:

  1. Salarisse van Staatsdienspersoneel.
  2. Onderwys: 22,1% vergeleke met 5,5% van Verdediging.

AKTIWITEIT 2: Grafiese voorstelling van begrotingsyfers

SELF:

Trek die kolom-grafiek wat die persentasie-bydrae van elke uitgawe tot die begroting toon.

AKTIWITEIT 3: Rangorde van besteding

SELF:

Beoordeel self leerders se prioriteite.

AKTIWITEIT 4: Beoordeling van rangorde

GROEP:

Beoordeel die groep se indeling en hul prioriteite.

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask