<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 3:

Om te bepaal wat die rassesamestelling van die mynwerkers in die goudmyne in 1907 was

[lu 2.1]

In 1907 was slegs 18% van die 18 600 wit mynwerkers nie immigrante nie.

  • Hoeveel buitelanders was daar?
  • Hoeveel was Suid-Afrikaners?

Aktiwiteit 4:

Om die bydrae van die drie belangrikste ekonomiese sektore tot die bruto binnelandse produk van die land te bepaal

[lu 2.1]

In 1925 was die bruto binnelandse produk R537 miljoen (in 1982 se waarde). Bereken die geldwaarde van die bydrae van elke sektor en skryf dit langs die persentasie.

  • Landbou 21%
  • Mynwese 16,2%
  • Vervaardigingsbedryf 7,8% Die regering het besluit dat die vervaardigingsbedryf uitgebrei moes word sodat meer blankes in daardie sektor werk kon kry, omdat die myne slegs beperkte werksgeleenthede vir blankes gebied het. In die vroeë 1920’s het die mynhuise begin om ‘n groter deel van hulle wins in die plaaslike vervaardigingsbedryf te belê.

g) Staatsondernemings

Hendrik van der Bijl

(1887 – 1948)

Hendrik van der Bijl word beskou as die vader van die nywerheidsrewolusie van die twintigste eeu in Suid-Afrika.

In 1920 het genl. Jan Smuts hom die pos van tegniese raadgewer aangebied in die hoop dat hy hierdie briljante jong man ‘n bydrae sal lewer om industrialisasie in Suid-Afrika aan die gang te kry.

Vroeg reeds het Van der Bijl besef dat Suid-Afrika eers oor ‘n elektrisiteitsnetwerk moet beskik voordat ‘n begin gemaak kan word met industrialisasie. Hy het die Elektrisiteitswet opgestel wat gelei het tot die stigting van die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (EVKOM) in 1923 wat aan Suid-Afrika krag sou voorsien. Die bates van die maatskappy het in Van der Bijl se lewe dramaties gegroei en het voor sy dood dertigvoudig vermeerder. In 1948 het die onderneming 16 100 mense in diens gehad.

Van der Bijl het besef dat geen land suksesvol kan industrialiseer as hy nie oor twee basiese kommoditeite beskik nie: goedkoop, toeganklike elektrisiteit en goedkoop staal. Op daardie stadium was Suid- Afrika volledig afhanklik van ingevoerde staal uit Brittanje.

In 1928 word die Wet op die Suid-Afrikaanse Yster en Staalkorporasie aanvaar. Van der Bijl was die eerste voorsitter van YSKOR. Die eerste fabriek is buite Pretoria opgerig, en ‘n tweede aanleg is in 1945 in Vanderbijlpark aangelê. Hierdie onderneming is op die vooraand van die Groot Depressie gestig en sy vasberadenheid om die onderneming te laat slaag, het uiteindelik vrugte afgewerp.

Verwerk uit: Hulle het ons eeu gevorm. Kaapstad, Human en Rousseau (pp.334 –338) Artikel deur Pieter Kapp

h) Die regering onder die Nasionale Party

Die beleid van “beskaafde arbeid”

Die Nasionale Party het in 1929 aan bewind gekom. Die regering wou ten alle koste werk vir ongeskoolde en halfgeskoolde werkers skep, selfs ten koste van ander blanke werkers.

Die regering het ‘n onderskeid gemaak tussen twee soorte arbeid:

Daar was dié wat “beskaafde arbeid” verrig het en wat so betaal moes word dat hulle ‘n bepaalde lewenstandaard kon handhaaf.

Daarteenoor was daar “onbeskaafde arbeid”, wat feitlik net deur swart werkers verrig is en aan wie lone betaal is wat slegs in die behoeftes van “barbaarse en onontwikkelde mense” voorsien het.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask