<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die atoom is die bousteen van alle materie en bestaan uit die volgende dele: ’n kern met protone en neutrone, en elektrone wat in wentelbane rondom die kern wentel. Elektrone kan van die kern losgemaak word en word dan vrye elektrone genoem. As die vrye elektrone in dieselfde rigting beweeg, word ’n elektronvloei of ’n elektriese stroom gevorm.
Daar is twee soorte elektriese strome, naamlik wisselstroom (WS) en gelykstroom (GS). Ons gebruik hoofsaaklik wisselstroom in die huis vir die stowe, yskaste en ligte . Die elektrisiteit is afkomstig vanaf ’n kragsentrale, maar baie items in die huis, bv. flitse, werk met GS wat afkomstig is van batterye. Baie items, bv. ’n selfoon, gebruik wisselstroom om sy battery wat gelykstroom lewer, te herlaai.
Opdrag 1
1.1 Hoe verbeter elektrisiteit ons lewenstandaard / -kwaliteit? ( 1 paragraaf )
1.2 Gee die simbole vir WS en GS. ( Kyk agterop jou radio).
1.3 Hoe groot is die wisselstroom wat algemeen in SA gelewer word?
1.4 Wie voorsien die elektrisiteit in SA?
1.5 Noem die verskillende metodes wat die firma gebruik om elektrisiteit op te wek.
1.6 Kies een van die metodes in 1.5 en beskryf watter nadeel die lewering van die vorm van elektrisiteit op die omgewing het.
1.7 Maak ’n diagrammatiese voorstelling van die roete wat jou dorp/stad/nedersetting se krag loop vanaf die opwekkingstasie tot by jou huis.
LU 2 |
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Dit word bewys as die leerder: |
stelsels en beheer:2.4 kennis en begrip toon van hoe elektriese stroombane met meer as een inset- of beheertoestel sal werk, gebaseer op verskillende logiese toestande (“EN – en “OF” –logika), en stel dit deur middel van stroombaandiagramme, stelseldiagramme en waarheidstabelle voor. |
LU 3 |
tegnologie, samelewing en die omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon. |
Dit word bewys as die leerder: |
impak van Tegnologie:3.2 besonderhede verduidelik en gee oor die positiewe en negatiewe uitwerking wat tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en hul omgewing het. |
Opdrag 1
1.1 Gee lig en hitte. Ons kan ook elektriese toestelle gebruik, bv. TV’s, rekenaars, ens.
1.2 WS
1.3 220V
1.4 EVKOM
1.5 Kernkragsentrales, Hidro-elektrisiteit, steenkoolaangedrewe kragsentrales, windturbines.
1.6 Kernkrag: kernkrag-afval, bestralingHidro: ontwrig ekologie.Steenkool: rookbesoedelingWindturbines: versteur landskappe.
1.7 Die klem moet val op die hoogspanningsdrade, substasies/transformators.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?