<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
‘n Ronde kaart van die aarde word ‘n aardbol genoem.
Het jy al probeer om ‘n stukkende bal oop te sny en plat te druk? Net so moeilik is dit om ‘n ronde aarde op ‘n plat kaart uit te beeld. Daarom dui die meeste wêreldkaarte die aarde as “plat” aan.
Bestudeer die wêreldkaart op die vorige bladsy en beantwoord die vrae.
1. Hoeveel kontinente (vastelande) is daar? ....................................................
2. Watter kontinent is die grootste? ..................................................................
3. Watter kontinent is die kleinste? ...................................................................
4. Watter oseaan is tussen Afrika en Suid-Amerika? .......................................
5. Watter oseaan is tussen Suid-Amerika en Australië? ..................................
Kleur nou al die lande op die Afrika-kontinent wat met ‘n “N” begin, bruin in.
1. Kleur jou land (Suid-Afrika) rooi in.
2. Skryf die name neer van die lande wat teenaan Suid-Afrika lê.
Sulke lande wat teenaan ‘n ander land lê, word ‘n buurland genoem .
Binne ‘n land se grense is daar nog ander grense wat die land weer in provinsies opdeel.
Kyk goed na die sleutel van die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die volgende vrae:
1. Watter groot bergreeks vind ons in Kwazulu-Natal?
2. Noem drie grondstowwe wat in die Noord-Kaap gemyn word.
3. Watter provinsie is die verste Noord geleë?
4. Watter rivier mond op die noordelike grens van die Noord-Kaap in die
Atlantiese oseaan uit?
5. In watter oseaan sal jy swem as jy by Durban vakansie hou?
6. Watter provinsie is die kleinste?
7. In watter provinsie bevind jy jou as jy in Port Elizabeth vakansie hou?
8. Waar / Onwaar? Die steenkool wat in Mpumalanga gemyn word, kan met
skepe na ander land uitgevoer word.
Julle opvoeder gaan ‘n muurkaart van die wêreld in die klaskamer ophang. Luister elke dag na die wêreldnuus en lees koerante. Bring berigte wat betrekking het op Aardrykskunde klas toe en laat jou opvoeder met ‘n kopspeld op die muurkaart aandui op watter kontinent die gebeure plaasgevind het. Bepreek dit en vorm en gee jou eie opinie.
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dis duidelik wanneer die leerder
1.5 belangrike staatkundige grense en belangrike menslike en fisiese kenmerke op grootskaalkaarte identifiseer.
Grootskaalkaarte
4. Atlanties
2. Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek
8. O – geen hawe
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?