<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AARDRYKSKUNDE
Graad 4
VOEDSELPRODUKSIE
Module 20
DIE VERHAAL VAN VOEDSEL
Die verhaal van voedsel
Voedsel speel ‘n baie belangrike rol in ons daaglikse lewe. Ons eet om te groei, gesond te wees en aan die lewe te bly. Daar is ook mense wie se hele lewe om kos draai – hulle lewe net om te eet!
Voordat ons kyk hoe voedsel in die 21 ste eeu geproduseer word, is dit belangrik om te
weet hoe ons voorvaders hulle borde van dag tot dag met kos gevul het.
1 |
2 |
3 |
4 |
5 |
(Moontlike antwoorde : ruil ; jagters ; veewagters ; bolle en knolle ; ploeg ; vleis ; boere ; vrugte en sade)
Honderde jare gelede het die kos wat mense geëet het, baie verskil van dit wat ons vandag geniet. Eers was mense .........................................-versamelaars wat van plek tot plek agter wild aangetrek het om sodoende hulle kos te bekom. Hulle het in tydelike skuilings gebly en wanneer die wild min geraak het, verder getrek. Die vleis is aangevul met .......................................... wat hul gepluk het en .................................. wat hul uitgegrawe het. Drinkwater is verkry deur van reën of dou op te vang of uit riviere en damme te skep.
Die jagters het later hulle eie troppe skape, beeste en bokke begin versamel en makgemaak en sodoende .............................. geword wat met hul eie vee agter beter weivelde aangetrek het. Nou het hul melk en ...................................... gehad en was dit nie meer nodig om te jag nie.
Die veewagters het ............................................. geword wat verkies het om op een plek te bly en hul koring te verbou van die saad van wilde grasse. Die mense het in klein groepe naby vars water gebly en gou is die ................................... ontwerp om die boere te help met die bewerking van die grond. Hulle het ook beter metodes ontwikkel om water tot by hul landerye te kry (besproeiing). Van die gemeenskappe het groter geword en daar is geëksperimenteer met verskillende landbougewasse, soos mielies, sorghum, pampoene, botterskorsies, wilde waatlemoene, ens.
Deel van die oeste is gebêre om kos vir die hele jaar te hê terwyl ander weer na naburige dorpies geneem is om dit te ........................... vir ander kos of produkte.
Namate tegnologie ontwikkel het, het die boerderymetodes ook baie verander. Destyds se houtploeë is vervang met ysterploeë en word nie meer met die hand gestoot nie maar wel met lugverkoelde trekkers wat tot twintig ploeë op een slag kan trek.
LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
Die verhaal van voedsel
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?