<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Tot dusver het ons veronderstel dat alle ekonomiese aktiwiteite slegs binne die grense van ‘n land plaasvind. Met die hedendaagse tegnologiese ontwikkelinge op die gebied van kommunikasie en vervoer, sowel as die voordele wat uit die gebruik van grootskaalse produksie voortvloei, word produktemarkte nie net binnelands nie, maar ook internasionaal benut. Vergelyk in dié verband Suid-Afrika se handel in steenkool en ander minerale, sowel as landbouprodukte soos wyn, suiker, wol, ens. wat uitgevoer word, asook tegnologiese produkte en masjinerie wat uit die buiteland ingevoer word.
Die doel van internasionale handel soos hierbo aangedui, is hoofsaaklik om die behoeftes van die inwoners van die land beter en meer effektief te kan bevredig. Elke land is nou nie net op sy eie bronne/produksie aangewese nie, maar kan ook die produkte van ander lande aanwend. Ons in Suid-Afrika kan dus nou gesofistikeerde rekenaars invoer, terwyl daar weer ander lande is wat Suid-Afrika se ystererts en goud sal wil aankoop.
Hierdie internasionale handelsverkeer tussen lande bestaan uit twee komponente, naamlik:
SELF:
Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus (wat die buitelandse sektor insluit) sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg diagram op ‘n aparte vel in.
GROEP:
Verwys na die redes vir buitelandse handel hieronder en gee (in elke geval) voorbeelde wat op die Suid-Afrikaanse situasie betrekking het.
Die toevoeging van die buitelandse sektor as die vierde deelnemer in die ekonomiese siklus word ook gekoppel deur middel van twee strome, naamlik die goederestroom en die geldstroom , soos hierbo verduidelik. Die toevoeging van die buitelandse sektor veroorsaak dat die ekonomie nou nie meer “geslote” is nie, maar meer “oop” geraak het, deurdat invoere en uitvoere veroorsaak dat “meer” goedere en geld invloei en/of uitvloei vanuit die twee strome soos voorheen aangedui.
SELF / GROEP:
Maak ‘n lys van goedere wat Suid-Afrika uitvoer en invoer en dui so ver moontlik aan waarheen die uitvoere versend word en waarvandaan goedere ingevoer word.
SELF/GROEP:
Dui aan wat die geldeenheid van die lande is:
GROEP:
Teken op elke Woensdag (vir ten minste agt weke) aan wat die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse Rand en die volgende geldeenhede is: (Verdeel die klas in vier groepe vir die doel.)
(Groep 1)Rand/VSA Dollar | (Groep 2)Rand/Euro | (Groep 3)Rand/Pond | (Groep 4)Rand/Pula | |
Week 1 | ||||
Week 2 | ||||
Week 3 | ||||
Week 4 | ||||
Week 5 | ||||
Week 6 | ||||
Week 7 | ||||
Week 8 |
GROEP:
Elke groep moet aan die einde van die agt weke hul bevindinge op 'n grafiek aandui en daarna aan die klas verduidelik watter tendens oor die agt weke gegeld het.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
AKTIWITEIT 1: Buitelandse sektor
SELF:
Diagram van ekonomiese siklus, insluitend die buitelandse sektor .
VERBRUIKERS | ||
VERBRUIKERS | ||
Mark virVERBRUIKERSGOEDERE | STAAT | Mark virPRODUKSIEFAKTORE |
SAKEONDERNEMINGS |
AKTIWITEIT 2: Redes vir buitelandse handel
GROEP:
Verskaf redes vir buitelandse handel
|
RSA het verskeidenheid minerale, maar geen natuurlike olie. |
|
RSA verbou mielies, lemoene, ens., maar geen koffie, rubber. |
|
RSA moet horlosies, rekenaars, ens. invoer. |
|
RSA het goeie vervoer- en kommunikasiegeriewe. |
AKTIWITEIT 3: Buitelandse handel
SELF / GROEP:
Lys van goedere wat in- en uitgevoer word .
UITVOERE | INVOERE |
Mielies (Afrikalande) | Rekenaars (VSA) |
Wyn (Europa) | Horlosies (Switserland) |
Ystererts (Japan) | Motors (Japan) |
AKTIWITEIT 4: Buitelandse valuta (Betaalmiddele)
SELF / GROEP:
Verskaf die geldeenheid van die volgende lande
JAPAN yen
RUSLAND roebels
VSA dollar
BRITTANJE pond sterling
BOTSWANA pula
INDIË rupee
AKTIWITEIT 5: Grafiek m.b.t. Buitelandse valuta
GROEP:
Versameling van gegewens m.b.t. wisselkoerse en teken van die grafiek t.o.v. die gegewens.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?