<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Eie opinie
TOETS TOTAAL: 20
1. (a) Verskil
(b) Optelling
(c) Aftrektal
2. (a) 105; 70;
(b) 480; 360;
4. 46 – 000 – 23 000 = 23 000
5. 1 450
6. 23 600 + 400 = 24 000
24 000 + 32 123 = 56 123
32 123 + 400 + 31 = 32 554
7.
8. R500 000 – R13 401
R486 599
UITDAGING
Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Jou opvoeder sal dit met jou deurgaan en vir jou verduidelik presies wat van jou verwag word. Maak seker dat jy goed verstaan voordat jy begin. Onthou om netjies te werk.
Jy het ‘n kompetisie gewen en is ’n miljoen rand ryker! Jy mag egter net items / artikels uit jou plaaslike koerant daarmee koop. Knip dit wat jy sal koop uit, en plak dit in die blok hieronder (met die pryse). Dui aan hoeveel geld jy sal oorhou. Vra ’n maat om jou berekeninge te kontroleer.
ASSESSERING
1 | 2 | 3 | 4 | |
Netheid en organisasie | Werk is slordig en ongeorganiseerd | Georganiseerd, maar moeilik leesbaar | Netjies en georganiseerd, maklik leesbaar | Netjiese, duidelik uiteengesette werk; duidelik leesbaar |
Logiese redenering | Baie min bewyse van logika | Bietjie logika kom na vore | Gebruik effektiewe wiskundige redenering | Gebruik verfynde logika en redenasie |
Korrektheid van berekenings | Antwoord is verkeerd bereken (items uitgelaat) | Enkele foute is begaan | Voldoende begrip, maar aftrekfout begaan | Antwoord korrek bereken |
1. Skryf die korrekte antwoorde neer:
1.1 Die antwoord van ‘n minus-som word die ______________________ genoem
1.2 Die inverse van aftrekking is _______________________
1.3 In die som 5 676 – 231 = 5 445 word 5 676 die ______________ genoem (3)
2. Voltooi die volgende getallepatrone:
2.1 175 ; 140 ; 105; _______________________; 35
2.2 _______________________; _______________________; 240 ; 120 (2)
3. Voltooi die volgende vloeidiagram:
(2)
4. Bereken die verskil deur beide getalle af te rond tot die naaste 1 000:
4.1 45 679 – 23 499
__________________________________________________________________ (3)
5. Voltooi:
6 775 – 1 448 = 6 777 - ______________________________________________ (1)
6. Seko moes die volgende bereken: 56 123 – 23 569. Hy het so begin:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_______________________________________________________________ (3)
7. Nomsa het vergeet om haar som te voltooi. Doen dit vir haar:
(4)
8. Mnr. Muruvan het R500 000 gehad. Nadat hy ‘n huis kontant gekoop het, het hy R13 401 oorgehad. Wat het sy huis gekos?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_______________________________________________________________ (4)
TOTAAL: 20
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder:
1.6.1 finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, en eenvoudige begrotings).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?