<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
MINI-DINOSAURUS DIER
My klein kameleon,
my mini-dinosaurus dier,
jy dra die mooiste kleure op jou vel
jou lyfie is ‘n prentjie
van bont geskenkpapier.
Ek sien jou twee-toon kloutjies klim
tot in die hoogste takke in
daar waar jy op jou eentjie
jou diertjie-liedjie sing:
“My drakielyfie is ‘n kleurestreep,
daar’s knoppies op my rug;
ek het ‘n skerp gevreetjie met ‘n lang, dun tong
en ‘n wielie-walie stert.”
Trap suutjies klein bont monster,
jy maak ons maklik skrik.
jy lyk ‘n bietjie soos ‘n baba-likkewaan,
‘n grillerige hartedief;
maar met jou ronde oumens-ogies
en ‘n bekkie wat so honger hap,
kry elkeen wat jou optel
en aan jou skurwe lyfie vat
dié mini-dinosaurusdier
vir altyd lief!
Zandra Bezuidenhout
Mondelinge gesprekke
Elkeen kry ‘n beurt om oor een van die volgende vrae te praat:
Skriftelike opdragte
Teken of verf
Bring jul prente klas toe en maak ‘n groot collage daarvan.
Beantwoord die volgende vrae:
Nog ‘n naam vir die diertjie verskyn in die reël. Wat is dit?
klein kameleon:
mini dinosaurus
Ja of Nee
Motiveer jou antwoord.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer: |
1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening; |
LU 2 |
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra: |
|
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen: |
2.5.1 let op duidelike spraak; |
2.5.2 korrekte pousering; |
2.5.3 tempo en volumewisseling; |
|
LU 3 |
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken; |
3.2 stillees korrek en met begrip toepas; |
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik. |
LU 4 |
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf: |
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel); |
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë). |
LU 5 |
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening; |
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge); |
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe; |
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek; |
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei; |
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei; |
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel: |
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas; |
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel: |
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8 |
Beantwoord die volgende vrae:
(c) Bont, geskenkpapier
(d) sy eie lyf
(e) ‘n Draak
(f) Monster
(g) Ronde oumens-ogies
(h) Ons moet hom liefkry
(i) Baba-likkewaan
(j) lyfie, prentjie, kloutjies, diertjie-bedjie, knoppies, gevreetjie, oumens-ogies, bekkie.
dinosaurissie
Die verteller in die gedig vertel die verkleurmannetjie hoe pragtig hy is en hoe mense wat hom optel, hom vir altyd liefkry.
In die eerste twee versreëls spreek die verteller vir die verkleurmannetjie aan as “ My klein kameleon, my mini-dinosaurus dier”
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?